Venezuela: Vier vas nu00e1 aanval
Venezuela: Vier vas nu00e1 aanval

Venezuela: Vier vas ná aanval

Maduro het vroeër beweer hy het genoeg bewyse om die Colombiaanse regering met die beweerde sluipmoordpoging te verbind.
Die owerhede het die vermeende baasbreine agter die oënskynlike sluipmoordpoging op pres. Nicolás Maduro van Venezuela geïdentifiseer, sowel as diegene wat hulle gehelp het, het die land se prokureur-generaal Tarek William Saab Maandag bekend gemaak.

In die ondersoek, waaraan vier aanklaers deelneem, is die plekke gevind van waar die hommeltuie geloods is en twee van die vlieëniers is in hegtenis geneem, het 'n wetstoepassingsbeampte gesê, berig CNN.

“Ons weet ook waar hulle in die dae voor die aanval gebly het. Ons het die mense geïdentifiseer wat die plofstof gemaak en die wapens en hul internasionale skakels voorberei het,” sê Saab.

Hy het gesê die beweerde sluipmoord is “verraad teen die moederland, 'n opsetlike moordpoging, terrorisme, assosiasie om misdaad te pleeg en terrorisme te finansier”.

Maduro het vroeër beweer hy het genoeg bewyse om die ­Colombiaanse regering met die beweerde sluipmoordpoging te verbind. Maduro beskuldig pres. Juan Manuel Santos van Colombia daarvan dat hy Saterdag die sluipmoordpoging tydens 'n militêre parade in Caracas op hom geloods het.

Volgens Venezolaanse amptenare is die aanval uitgevoer deur verskeie gewapende hommeltuie wat ontplof het terwyl Maduro sy toespraak gelewer het. Sewe lede van die nasionale wag is in die voorval beseer.

Maduro beweer sy regering het uitgevind dat Colombiane die sluipmoordenaars opgelei het in die ­Colombiaanse stad Chinácota, in die noorde van Santander, wat aan Venezuela grens. 'n Colombiaanse presidensiële bron het aan CNN gesê dat Maduro se beskuldigings ongegrond is. Ses mense is reeds in hegtenis geneem in verband met die voorval. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!