Venezuela: Vonke spat in VN
Sosialistiese president weier om politieke mag oor te gee.
Amerika het die naweek ’n beroep op wêreldleiers gedoen om kant te kies in die Venezuela-saak en die geldkraan na Nicolás Maduro se regering toe draai.
Pres. Donald Trump het reeds Donderdag aangedui dat hy Juan Guaido, die opposisieleier, as waarnemende president van Venezuela erken.
Talle wêreldleiers het intussen ook besluit om Guaido se presidentskap te steun.
In vurige debatvoering gedurende ’n sitting van die Verenigde Nasies (VN) se veiligheidsraad is Amerika deur Rusland en Maduro-ondersteuners in Venezuela daarvan beskuldig dat hulle ’n staatsgreep in die land probeer uitvoer.
Europese lande wat ’n verkiesing in Venezuela voorstel, het ook hewig onder kritiek deurgeloop.
Juan Guaido het homself as tussentydse president verklaar met Amerika, Kanada en ’n klompie Latyns-Amerikaanse lande wat dié stap ondersteun.
Maduro, wat die olieryke nasie sedert 2013 lei, maak egter op die gewapende magte in die land staat om hom te ondersteun en oproerige skares in bedwang te hou.
Maduro weier om politieke mag oor te gee.
Die 35-jarige Guaido het Saterdag egter ondersteuning ontvang van kol. José Luis Silva, ’n prominente militêre amptenaar en Venezuela se attaché vir verdediging in Washington. Silva het besluit om van die Maduro-regering weg te breek en erken Guaido as die tussentydse leier.
Mike Pompeo, die Amerikaanse minister van buitelandse sake, het op die VN-vergadering gesê Maduro se “sosiale eksperiment” het ’n rol gespeel in die agteruitgang van die ekonomie en daartoe gelei dat mense in asblikke moet krap vir iets om te eet.
“Dit is nou die tyd dat elke nasie kant moet kies. Of jy staan saam met die magte van vryheid of jy kies Maduro en sy chaos,” het Pompeo aan die veiligheidsraad gesê. Hy het ook lande versoek om hul finansiële ondersteuning van Maduro se regering kort te knip.
Maduro het Woensdag Amerikaanse diplomate 72 uur geleentheid gegee om die land te verlaat. Sommige Amerikaanse ambassadepersoneel het Caracas Vrydag verlaat terwyl Venezuela Saterdag sy diplomate aan Washington onttrek het. Maduro het later gesê dat hy Amerikaanse diplomate tot Saterdag kans gee om Venezuela te verl
SA WENS MADURO GELUK
Suid-Afrika het hom by Rusland, China, Kuba, Iran, Turkye en Mexiko geskaar en die bewind van die sosialistiese pres. Nicolás Maduro van Venezuela erken.
Daarenteen steun onder meer 16 lande in Latyns-Amerika, die VSA, Kanada en die Europese Unie (EU) die 35-jarige opposisieleier Juan Guaidó wat homself verlede week tot tussentydse president verklaar het.
Pres. Cyril Ramaphosa het Maduro kort ná die verkiesing gelukgewens.
Jerry Matjila, Suid-Afrika se ambassadeur by die Verenigde Nasies (VN), het in ’n debat van dié wêreldliggaam se veiligheidsraad oor die krisis in Venezuela gesê die verkiesing in Venezuela was wettig en het binne die raamwerk van die land se wette plaasgevind. As ’n grondwetlike demokrasie is die oppergesag van die reg vir Suid-Afrika baie belangrik. Daarom is hy baie bekommerd oor ’n duidelike poging in Venezuela om die land se grondwet te omseil.
Enige dispute en griewe moet vreedsaam binne die bestaande meganismes en prosesse in die grondwet van Venezuela opgelos word sonder die inmenging van buite, sê Matjila.
Suid-Afrika steun António Guterres, sekretaris-generaal van die VN, se oproep dat al die betrokke partye die krisis in Venezuela deur dialoog moet oplos. Menseregte en die oppergesag van die wet moet deurentyd gerespekteer word. Dit is belangrik dat die spanning in die land ontlont word om geweld te voorkom.
Een van die lande in Latyns-Amerika wat téén Maduro is, is Brasilië wat Suid-Afrika, Rusland, Indië en China se vennote in die Brics-groepering is.
Ramaphosa het verlede week by die Wêreld- Ekonomiese Forum se jaarlikse beraad in Davos, Switerland, met die nuwe Brasiliaanse president, Jair Bolsonaro, bilaterale gesprekke gevoer. Dit is nie bekend of hulle oor die krisis in Venezuela gepraat het nie.
Die ander lande in Latyns-Amerika wat Maduro nie erken nie, is Argentinië, Chili, Colombia, Costa Rica, Ecuador, Guatemala, Honduras, Panama, Paraguay en Peru.
Bolivië en Kuba steun Maduro.
Sowat 3 miljoen mense het die laaste paar jaar uit Venezuela gevlug – hoofsaaklik na ander lande in Latyns-Amerika – weens die verslegtende ekonomiese toestand in die land.
Rusland is erg gekant teen Amerika se standpunt en beskuldig Washington daarvan dat hy ’n poging tot ’n staatsgreep in dié land steun.
Reuters het vroeër berig die krisis in Venezuela skep probleme vir Moskou omdat hy, saam met China, miljarde dollar aan die land geleen het om te voorkom dat die
ekonomie in duie stort. Moskou het ook steun gebied aan die land se weermag en oliebedryf. – Netwerk24/Bykomende bron: BBC

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie