Vennootskap benut afvalproduk
‘n Sementaanleg en houtskoolonderneming span saam om plaaslike ekonomiese groei te bevorder.
Augetto Graig - Ohorongo Cement en Carbo Namibia het hul verhouding versterk deur saam ’n N$700 000 se wipvragwa te koop.
“Dié besluit toon ons verbintenis tot die regering se plaaslike ekonomiese groeibeleid ‘Growth at Home’.”
Volgens haar het Ohorongo houtskoolvervaardigers in die Otjozondjupastreek genader om fyn houtskool as alternatiewe kragbron te verkry. Vervaardigers kon vroeër niks met die fyn houtskool doen of dit uitvoer nie, en is in onooglik hope op hul persele geberg.
Nou gebruik Ohorongo die neweproduk in sy oond en om temperature bo 1 500 grade Celsius te bereik, het Alberts gesê.
“Dit was basies ’n afvalproduk omdat die uitvoer daarvan nie lewensvatbaar was nie,” het sy gesê. Met die nuwe ooreenkoms word meer werk vir vervaardigers en nog ’n inkomstestroom geskep.
“Terselfdertyd verminder dit die hoeveelheid houtskool wat vir krag ingevoer moet word, en beteken minder plaaslike valuta word op buitelandse markte bestee,” het sy gesê.
Volgens haar is die Ohorongo-aanleg een van die mees omgewingsvriendelike ter wêreld, met minimale lug-, water- of geraasbesoedeling, en beskik oor ’n ISO14001-veiligheidsertifikaat.
Alberts het gesê Ohorongo soek altyd nuwe maniere om kragverbruik te verminder en die aanleg se koolstofvoetspoor te verklein, terwyl hulle plaaslike entrepreneurs ondersteun.
Carbo Namibia se besturende direkteur, mnr. Hans Steyn, is een so ’n entrepreneur en sedert 2005 brei sy houtskoolbesigheid uit. Vanaf 2016 verskaf hy deur middel van Ohorongo se energieprojek verfynde houtskool aan die aanleg.
Die maatskappy is op Grootfontein geregistreer en Carbo is die grootste van agt plaaslike vervaardigers wat aan Ohorongo voorsien.
Aanvanklik het Carbo 786 ton fyn houtskool per jaar verskaf, maar teen 2018 was dit 5 000 ton. Aan die begin van die jaar is altesaam 11 000 ton reeds gelewer.
Die sementaanleg verkry tans 42,7% van sy krag van alternatiewe bronne. Hiervan word 14% uit houtskoolverbranding voorsien, 28% deur brandstof vervaardig uit vullis (bekend as RDF) te brand, en 58% deur die brand van houtskaafsels.
Die aanleg se mikpunt is om teen volgende jaar 56% krag uit dié alternatiewe bronne te bekom.
Die lorrie met sy 80 m³-bak sal die sementaanleg van groot volumes fyn houtskool teen verminderde koste kan voorsien.
Ohorongo se woordvoerder, me. Frankleen Alberts, het gesê die maatskappy beskou die aankoop as ’n gesamentlike belegging wat ’n waardevolle vennootskap verseker.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie