Verandering is nie altyd só sleg nie
Mandie Rittmann
Daar kom soms dinge op jou pad wat nie so soet soos stroop is nie, maar wat ’n mens ook die beste van moet maak. Ek onthou my mamma se gesegde, “die lewe draai soms soos ’n koedoehoring”.
Nou so het dit ook vir ons gesin gedraai. Ná meer as 20 jaar moes ons die stof van die hoofstad afskut om ’n nuwe begin op ’n nuwe dorpie, of sal ek maar eerder sê “village” soos die naam ook sê, Osona Village, te maak.
Ats, dit was nie maklik om van ’n stadsjapie in ’n plaasjapie te verander nie. Die gemis van die stad se gejaagde lewe, die Saterdagoggend uitstappies na die malls om window shopping te doen. Og en die “porra” se tjips.
Ai, enige plekkie het maar sy pyne, soos sommige inwoners wat diere aanhou en nie weet hulle kan nie na hulself omsien nie, dan drentel hulle in die strate rond. Dit maak die lewe vir jou en die ander inwoners onaangenaam. Ek vertrou ’n spoedige oplossing sal gevind word.
Maar ag wat, soos die spreekwoord sê, “elke donker wolk het ’n silwer randjie”. Dit is alles die moeite werd. Ons huis was omtrent een van die eerstes in die omgewing, omring met die pragtige natuur van die bome, bosse en die lieflike dieregeluide wat jou in die oggend wakker gemaak het.
Soos ek al vir ons vriende en familie vertel het, dit het gevoel asof ek op ’n plaas is. Dit was regtig wonderlik. Ongelukkig was dit van korte duur, want dit moes plek maak vir nog huise.
Nou kan ek dit beswaarlik glo; ná twee jaar – die 1 Desember 2021 – is oral rondom ons huise gebou. Dis natuurlik ’n voorreg om weer nuwe mense te kon ontmoet. So is ons amper al weer dorpsjapies, soos die huise dag vir dag al hoe meer raak.
Ons het geleer ’n mens moet by jou omstandighede aanpas. Daarom maak ons dit vir ons aangenaam om hier te bly.
Meer gereelde braaivleis op die vuur. Wow, amper vergeet ek ons drie kilometer uitstappies elke namiddag met ons twee jakkies, wat presies weet wanneer dit staptyd is. Dan maak hulle hulself solank op die stoeptafel gereed en wag vir hul leibande om aangesit te word sodat ons die pad kan vat.
Vir nou geniet ons ook nog om rustig in die strate te stap, sonder oorvloedige verkeer. Geen in die pad en uit die pad rondspringery nie. Rustige staplewe, vinnig na ons enigste winkeltjie en terug. Ons geniet dit so lank ons kan, want ek kom agter die plekkie groei dag vir dag.
Veranderinge is moeilik, maar dit hang af wat jy daarvan maak. My raad aan ander, wat moontlik ook die paadjie moet loop, wil ek bemoedig met die volgende woorde: Laai jou motortjie vol positiewe gedagtes, moet nie terugkyk nie, aanvaar jou omstandighede en wees dankbaar vir wat jy het. Die lewe ís ’n lied.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie