Verantwoording
Verantwoording

Verantwoording

Estelle de Bruyn
Estelle de Bruyn - Die jaar vir verantwoording.

Dit is hoe pres. Hage Geingob 2018 beskryf.

Dis reg so.

Niemand het nog in 27 jaar sedert onafhanklikwording enige iemand aanspreeklik gehou vir die mislukkings in dienslewering deur die regering nie. Daar is 'n verskil tussen regering, staat en party . . . al verstaan die regerende party dit nie aldag nie.

In 'n ideale staat is die staatsdiens polities neutraal, dien die regering van die dag en is nie party­gebonde, goedgunstige aanstellings nie, maar werklik die beste persone om die werk te doen. Ongeag politieke affiliasie, etnisiteit, stam, geslag, ras of kleur.

Dit het ons nie in 27 jaar gesien nie. Politieke party-affiliasies het geseëvier bo bekwaamheid en kundigheid.

2018 is dus die jaar waarin Namibiërs gaan sien of die president bedoel wat hy sê. “Put his money where his mouth is,” soos die Engelse spreekwoord lui.

Mag die jaar van verantwoording uiteindelik 'n broodnodige verandering bring.

In die nuwe jaar moet ons ook elders kyk: Ons buurstaat Zimbabwe. Die Mugabe-diktatorskap is uiteindelik deur sy eie party en weermag tot 'n val gebring omdat SADC en die Afrika-unie vir dekades te lamsakkig was om te sê: Genoeg is genoeg; jy steek Afrika in die skande.

Selfs die SADC-tribunaal moes vou om net nie vir broer Bob in die verleentheid te stel nie. Mag die nuwe jaar vir Zimbabwe ook winde van verandering, 'n herstel van menseregte en die terugkeer van soveel talentvolle Zimbabwiërs in die diaspora bring, wat kan bydra tot die heropbou van hul land.

Daar is 'n diep en ware Afrika-gesegde: “As die olifante baklei, kry die gras seer.”

Dis waar ons as 'n klein nasie met ons eie interne struwelinge en wroeginge sit. As groot moonthede mekaar die stryd aansê, is dit ons, die gras, wat vertrap word.

Nkosi Sikelel' iAfrika. God seën Afrika.


So sê ander

1 Januarie 2018

Welcome to 2018. Is this a turning point?

Seers, pundits, gurus and weather fore­casters can agree on one big thing: 2018 is going to be a very event­ful year, perhaps the most event­ful since, oh, 2017.

Or maybe since 1918, one century ago, when the Western Front finally went quiet, the guns that could fire a shell as heavy as a small car and obliterate human beings 70 miles away stopped firing, and a new world order began. The First World War, which ended in November of that year, caused the disappearance of empires that had run much of the world - Austrian, Russian, German, Ottoman - and was the beginning of a long demise for others.

November 1918 was a crucial turning point for the world. November 2018, when Americans elect a new Congress and begin to determine whether this discouraging change in direction will be allowed to continue, could well be another. • Washington Post

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!