Verassingsoond herstel
Denver Kisting – Die woordvoerder van die Windhoek-munisipaliteit (CoW), mnr. Harold Akwenye, het pas bevestig die verassingsoond by die krematorium in die hoofstad is herstel.
Dit kom nadat die toestel vir meer as ’n week stukkend was.
Hy het verlede week by navraag gesê hulle vermoed ’n oorledene se pasaangeër het tot ’n ontploffing gelei wat die verassingsoond beskadig het.
Terwyl die toestel buite werking was, was ’n begrafnis die enigste alternatief, het Akwenye vroeër gesê.
[email protected]
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie