Verassingsoond lol wéér
Die Windhoek-stadsraad is opnuut in die pekel oor die verbrandingsoond by die land se enigste krematorium wat weer eens die gees gegee het.
Denver Kisting - ‘n Man van Groot Aub suid van Windhoek is gisteroggend, strydig met sy sterwenswens, in ‘n gat begrawe nadat sy gesin moes hoor die hoofstad se verassingsoond is wéér buite werking.
Die oond - wat in die Gammams-begrafplaas in Pionierspark geleë is – het die afgelope jare baie naasbestaandes van oorledenes voor dooiemansdeur laat beland weens berigte dat dit buite werking is.
‘n Familielid van die oorledene het Vrydag gesê die man, wat aan kanker gesterf, het versoek om ná sy dood veras te word.
Die plan was om sy wens te eerbiedig. Die familie het reeds ‘n maand gelede tydens sy verassingsdiens van hom afskeid geneem. Toe kom die nuus die afgelope week dat die oond buite werking is en sy liggaam steeds nie veras is nie. Gevolglik het die familie besluit om hom inderhaas gister ter ruste te lê “omdat sy lyk al reeds so lank daar lê”.
Volgens die woordvoerder van Windhoek-munisipaliteit, me. Lydia Amutenya, is die jongste onderbreking teweeg gebring deur die “ou smeltoond” wat tans tegniese aandag benodig. “Ons is wel besig om die nuwe gas- smeltoond te koppel.” Volgens haar is hulle “op die punt” om die nuwe oond in werking te stel.
Republikein wou onder meer van Amutenya weet teen watter koste die nuwe oond bekom is, wanneer presies dit in werking gestel sal word en hoeveel oorskotte nog veras moet word. Sy het nie ingligting hieroor verskaf nie.
In 2015 is in die plaaslike media berig die Windhoek-stadsraad het nagenoeg N$15 miljoen vir ‘n nuwe oond en die uitbreiding van die enigste krematorium in die land begroot.
Luidens die stad se webtuiste het die krematorium in 1975 tot stand gekom en die eerste verassing was op 26 April die daaropvolgende jaar. Dit beteken die ou oond word vanjaar 43 jaar oud. Verassing word volgens die webwerf allerweë as ‘n goedkoper opsie as ‘n begrafnis bestempel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie