Verband tussen voorvalle van verkragting ondersoek
Volgens die nasionale polisiewoordvoerder ondersoek die polisie die moontlikheid dat twee gruvoorvalle met mekaar verbind is.
Denver Kisting – Die ooreenkomste tussen twee gruverkragtings die afgelope week in Havana aan die buitewyke van Windhoek kan die werk van reeksverkragters wees.
So sê adj.komm. Kauna Shikwambi, die nasionale polisiewoordvoerder.
Sy het gister by navraag aan Republikein gesê: “Die feit dat dit herhalende voorvalle is met dieselfde modus operandi; dalk.”
Die adjunkminister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Esther Muinjangue, ’n ervare maatskaplike werker, het reeds Sondag na die moontlike verband verwys. “Ja, ek wonder of ons nie te make het met ’n reeksverkragter nie.”
Shikwambi het gistermiddag gesê niemand is nog in verband met verlede week se twee voorvalle in hegtenis of vir ondervraging ingeneem nie.
Maar, sê die polisiewoordvoerder, “die ondersoek duur voort”.
Saterdagoggend omstreeks 01:00 het ’n man by ’n huis in Monte Cristoweg in Havana ingebreek en ’n vrou ten aanskoue van haar kêrel verkrag.
Dié ongeïdentifiseerde man het ’n balaklawa oor sy kop gehad.
In ’n ander voorval het twee mans vroeg verlede week in dieselfde woonbuurt ’n 12-jarige meisie ten aanskoue van haar ma en agtjarige sussie verkrag.
Dié twee mans het ook balaklawas opgehad.
Tydens Saterdag se voorval het die gewapende man die 22-jarige vrou beveel “om haar bene oop te maak” sodat hy haar kon verkrag.
Hy het haar toe ten aanskoue van haar kêrel (34) seksueel aangerand, het Shikwambi die afgelope naweek gesê.
Die verdagte het toe met ’n selfoon op die vlug geslaan.
Buite die sinkhuis het hy die vrou se broer aangetref wat in die aangrensende huis woon en hom na langsaan gehaas toe hy sy suster hoor gil het.
Die verdagte het toe op die 29-jarige broer en buurman losgebrand en hom noodlottig gewond.
’n Familielid het Sondag by die huis, waar die tragedie afgespeel het, gesê die oorledene is op die toneel dood toe hy die verdagte wou agternasit.
In verlede week se voorval het die verdagtes ook met ’n selfoon en N$300 in kontant op die vlug geslaan.
Enigiemand met inligting oor die twee voorvalle word versoek om met adj.komm. Abner Agas, die koördineerder van misdaadondersoeke in die Khomasstreek, by 081 124 2649 in verbinding te tree. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie