Verbete stryd teen beste Skotse presteerders ooit
Skotland het Namibië voor die toernooi in 'n opwarmwedstryd oorskadu.
Tielman van Lill – Die steiler bult vir die Namibiese Eagles – om as debutant hul merk in die T20 Wêreldbeker teen die bulspanne in die Super 12-fase te maak – begin môre om 16:00 teen Skotland in Abu Dhabi.
Namibië is saam met Afghanistan, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan en Skotland in groep 1.
Skotland het sy kwalifiserende groep B gewen en loop oor van selfvertroue nadat hulle Bangladesj ('n toetsspelende land), Papoea-Nieu-Guinee en Oman in die groepfase geklop het.
Net soos die Eagles Vrydag geskiedenis gemaak het om vir die Super 12-groep en boonop vir volgende jaar se T20-Wêreldbeker in Australië te kwalifiseer, het die Skotte eweneens die beste krieketprestasie in hul ganse bestaan gelewer.
In die amptelike opwarmwedstryd voor die toernooi, op 9 Oktober in Dubai, het Namibië die loot gewen, maar Skotland het 'n allemintige 203/7 opgestapel (George Munsey 67, Matthew Cross 57), waarop die Eagles (184/5) met 19 lopies te kort geskiet het (Zane Green 34, Craig Williams 80, David Wiese 31). Vier dae tevore het Namibië (159/8) vir Skotland (142/9) met 17 lopies geklop.
Die Skotte se roemryke WB-openingsege teen Bangladesj was aan die veelsydige Chris Greaves te danke, met 'n reddende 45 lopies van 28 balle as kolwer nommer sewe, voordat hy ook 2/19 platgetrek het.
Van kaptein Kyle Coetzer se troepe was George Munsey (64 lopies), Coetzer (47), Matthew Cross (82) en Richie Berrington (103) in drie kolfbeurte die mees produktiewe lopiemakers in hul groep B-wedstryde.
Wat wel die gevaarligte laat flikker, is hul topboulers wat net tussen 5.41 en 6.25 lopie per boulbeurt afgestaan het. Josh Davey (8/67 in 11.3 tn 5.82), Mark Whatt (3/65 in 12 tn 5.41), Michael Leask (2/13 in 3 tn 4.33) en Safyaan Sharif (2/25 in 4 tn 6.25) is die suinigste. Brad Wheal (4/65 in 8 boulbeurte, 8.12), Greaves (3/50 in 6, 8.33) en Alasdair Evans (1/22 in 3, 7.33) is duurder, maar ewe effektief.
Die Namibiese krieketspan van 15 spelers by die T20 Wêreldbeker spog met 'n skrale 232 internasionale T20-wedstryde (T20i) tussen hulle.
David Wiese met 26 wedstryde is die mees ervare, gevolg deur Gerhard Erasmus (25), die kaptein.
Die Eagles het gesamentlik 2 746 lopies aangeteken waarvan Erasmus (627) die meeste het. Hy, Stephen Baard (522), JJ Smit (389), Wiese (212) en Craig Williams (563) is die topkolwers wat teen Skotland hul man sal moet staan en Zane Green sal ook sy kant moet bring.
Die nege erkende Eagles-boulers het 155 paaltjies vir 2 624 lopies teen gemiddeld 16.92 per paaltjie platgetrek. Frylinck (40) het die meeste, terwyl Scholtz en Wiese beide 30 het.
Die linkerarm snel-trio Frylinck, Smit en Trumpelmann moet saam met Wiese opnuut die lopies laat opdroog in oorleg met draaier/s soos Scholtz en Pikky ya France.
EAGLES-KRAG
1 Stephen Baard (29 jaar). Aanvangskolwer. T20i: 19 wedstryde, 522 lopies teen gemiddeld 30.70; hoogste 92, 4x50-talle, 45 viere, 15 sesse.
2 Karl Birkenstock (25). Veelsydige speler. T20i: 8, 81 tn 27, hoogste 59, 1x50, 9x4, 4x6.
3 Michau du Preez (25). Kolwer/paaltjiewagter. T20i: 3, 62 t 31, hoogste 33 nie uit nie, 5x4, 1x6.
4 Gerhard Erasmus (26). Veelsydige speler. T20i: 25, 627 t 36.88, hoogste 72, 6x50, 52x4, 26x6. As draaibouler: 12 paaltjies vir 176 lopies teen 14.66 per paaltjie; beste ontleding 3/12.
5 Jan Frylinck (27). Linkerarm naatbouler. T20i: 23, 75 t 15, beste 19*, 4x4, 2x6. Boul: 40/452 t 11.30, 6/24.
6 Zane Green (25). Aanvangskolwer en paaltjiewagter. T20i: 22, 153 tn 10.92, hoogste 26, 11x4, 3x6.
7 Nicol Loftie-Eaton (20). Veelsydige speler. T20i: 6, 27 t 9, hoogste 18, 3x4. Boul: 1/51 tn 51, 1/51.
8 Bernard Scholtz (31): Linkerarm draaibouler. T20i: 23, 5 tn 2.5, hoogste 3*. Boul: 30/463 tn 15.43, beste 4/12.
9 Ben Shikongo (21). Naatbouler. T20i: 15, 0. Boul: 13/197 tn 15.15, beste 2/4.
10 JJ Smit (25). Veelsydige speler. T20i: 21, 389 tn 35.36, 59, 1x50, 21x4, 22x6. Boul: 21/372 tn 17.71, beste 3/19.
11 Ruben Trumpelmann (23): Bouler. T20i: 5, 2 tn 1, 1. Boul: 5/122 tn 24.40, beste 2/22.
12 Michael van Lingen (24). Veelsydige speler. T20i: 3, 0. Boul: 0/10 tn 10.
13 David Wiese (36). Veelsydige speler. T20i: 26, 212 tn 19.27, hoogste 66*, 1x50, 12x4, 10x6. Boul: 30/659 tn 21.96, beste 5/23.
14 Craig Williams (37). Topordekolwer. T20i: 22, 563 tn 31.27, hoogste 81, 5x50's, 50x4, 19x6. Boul: 9/181 tn 20.11, beste 3/9.
15 Pikky Ya France (31). T20i: 11, 28 tn 7, hoogste 13, 2x4, 1x6. Boul: 3/132 tn 44, beste 1/3.
Namibië se volgende botsings is teen Afghanistan op Sondag 31 Oktober, Pakistan (2 November), Nieu-Seeland (5 November) en Indië (8 November).
• Gisteraand het die indrukwekkende Afghane (190/4) die Skotte (60 almal uit) met 'n 130-lopie verskil hard aarde toe gebring.
FOTO's Getty Images
Skotland se kaptein, Kyle Coetzer.
Chris Greaves, ’n gebore Suid-Afrikaner, was speler van die wedstryd in Skotland se roemryke sege teen Bangladesj, met 45 van 28 balle en 2/19.
George Munsey, aanvangskolwer, het 67 lopies in die opwarmwedstryd teen Namibië behaal en het daarna bygedra tot die seges teen Bangladesj (29), PNG (15) en Oman (20).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie