Verblyfsreg in EU te koop
Horizon Capital International het 'n beleggingsgeleentheid bekend gestel waardeur welaf Suid-Afrikaners maklike toegang tot die Europese Unie (EU) kan bekom deur óf permanente verblyfreg óf burgerskap in Ciprus te verkry.
Horizon Capital International het Ciprus gekies vanweë die voordele wat gebied word, onder meer 'n gunstige klimaat, 'n lae misdaadkoers, lae lewenskoste (25% laer as die Europese gemiddeld) en talle belastingvoordele.
Horizon Capital sê Ciprus verteenwoordig 'n prima beleggingskeuse vir hoë netto-batewaarde-beleggers wat hul eiendomsportefeuljes wil diversifiseer en ook vir individue wat 'n veilige toekoms vir hul gesinne wil verseker deur maklike toegang tot die EU te verkry.
Ciprus, ook bekend as die juweel in die Middellandse See, is 'n eiland suid van Turkye en suidoos van Griekeland.
'n Belangrike trekpleister vir internasionale eienaars van luukse huise op die eiland is 'n rits aanmoedigings vanuit die regeringsfront, onder meer belastingvoordele en die geleentheid om verblyfreg in Ciprus te bekom, asook 'n EU-paspoort.
Om permanente verblyfreg in Ciprus te verkry, moet 'n belegger ten minste €300 000 plus 5% BTW in eiendom belê. Die eggenote, kinders, ouers en skoonouers van 'n aansoeker kom in aanmerking vir die permanente verblyfpermit. Dié permit is vir 'n onbepaalde tyd geldig en ná sewe jaar van verblyf kry die inwoners burgerskap.
Om EU-burgerskap te verkry, moet aansoekers ten minste €2 000 000 plus BTW belê, wat insluit dat 'n eiendom van ten minste €500 000 gekoop moet word. Die eggenote en kinders kry ook EU-burgerskap.
Horizon Capital se ontwikkelingsvennote is in Paphos in Ciprus.
Een van die groep se ontwikkelings bestaan uit 24 moderne villas, wat panoramiese uitsigte op die see en omgewing gaan bied.
Die pryse van dié eiendomme wissel tussen €280 000 vir 'n drieslaapkamervilla van 161 m² en €480 000 vir 'n vierslaapkamervilla van 263 m².
Die ontwikkeling is tien minute se stap vanaf Yeroskipou-plein met sy kroeë en restaurante en minder as tien minute vanaf die strand.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie