Verblyfsyfers in Covid-bed
Volgens die Gasvryheidsvereniging van Namibië het akkommodasiesyfers van 57% in 2017 en 53,5% in 2019, na 16,1% in 2020 geval.
Francoise Steynberg – Die jaar 2020 word as een van die mees uitdagende jare in die geskiedenis wêreldwyd én in die Namibiese toerismesektor geag.
Volgens die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië (HAN), me. Gitta Paetzold, het verblyfbesettings van 57% in 2017 ('n goeie jaar) en 53,5% in 2019, na 16,1% in 2020 getuimel.
Namibiërs het egter in die moeilike tye die plaaslike toerismebedryf ondersteun en “vir die eerste keer ooit het Namibiërs meer as die helfte (53,5%) van die jaarlikse verblyfbesettings gevul”.
Paetzold sê sedert die internasionale reisverbod middel Maart weens die coronapandemie, het geslote grense, 'n verbod op sekere besighede en alkoholverbruik, beperkings op besigheidsure, sosiale afstands- en streng higiëniese maatreëls 'n reuse-impak op die reis- en toerismesektor gehad.
Wat die verblyfbesettingsyfers betref, sê Paetzold toerismebesighede moet besetting van tussen 42% en 45% hê om volgens operasionele koste gelyk te breek.
“Die lae 16,1% besettingsyfer van 2020 toon duidelik dat die Namibiese toerismebedryf in 'n bedenklike finansiële toestand is. Die voortdurende beperkings op internasionale en streekreise om die verspreiding van die Covid-19-virus te bekamp, is besig om die toerismesektor te wurg,” sê sy.
Paetzold sê slegs tyd sal leer hoe die byna 5 000 geregistreerde toerismebesighede in akkommodasie, toeroperateurs, motorverhuringsmaatskappye en ander toerismeverwante besighede in Namibië die krisis sal oorleef.
“Alles is nie verlore vir Namibië nie en ons weet hoe om op te staan, veral tydens die toerismeherlewingsinisiatief tussen September en November toe grense weer oopgemaak is,” sê sy.
“Tydens die grendeltyd en geslote grense tussen April en Augustus, was verblyfbesetting tussen 5% en 8%, hoofsaaklik toe plaaslike toerisme sedert Mei weer toegelaat is.
“Toe die toerismeherlewingsinisiatief in September van stapel gestuur is, het die eerste internasionale vlugte vanaf Europa en Afrika ingekom en toeriste het begin instroom.”
Paetzold sê verblyfbesetting het in die vierde kwartaal tot 18,5% gestyg met 17% van die toeriste wat vanaf Europa en 6% vanaf Suid-Afrika in dié kwartaal kom kuier het.
“Namibië oor die algemeen en die toerismebedryf is afhanklik van die invloei van buitelandse valuta en inkomste om die toerismesektor te red wat reeds kontantvloeikwessies het,” sê sy.
EUROWINGS
“Deur gesamentlike bemarkingspogings deur verskeie maatskappye, mediahuise en die Namibië Toerismeraad (NTB), bly Namibië 'n toptoeristebestemming wat hoog in aanvraag is,” beklemtoon Paetzold.
“Europa het vertroue in Namibië en sien die land se uitstekende toerismepotensiaal as gekyk word na Eurowings (van die Lufthansa-groep) wat twee vlugte tussen Frankfurt en Windhoek in Maart en April by sy vlugskedule gaan voeg,” het sy gesê.
Dr. André Schultz, die bestuurder van Lufthansa in Suider- en Oos-Afrika, het gesê met die bykomende vlugte word hul verbintenis en bande met die Namibiese mark versterk.
Paetzold sê 'n duidelike boodskap oor oop grense, reismaatreëls en -vereistes en toerismeprotokol wat in plek is, moet op alle vlakke – plaaslik, bilateraal en internasionaal – uitgestuur word.
Sy sê HAN bly verbind aan die toerismeherstelproses en sy kongres vir 2021 sal onder die vaandel, “Unlocking new horizons” aangebied word, “want Namibië het ontelbare skatte en besienswaardighede om met die res van die wêreld te deel en ten toon te stel”.– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie