Verblyfsyfers tuimel van 60% tot 7%
‘Sterk leierskap van regerings nodig’
Francoise Steynberg -
Julie – gewoonlik die land se piekmaand van toerisme – se akkommodasiestatistiek vir 2020 het weens die Covid-19-pandemie en geslote grense getuimel.
Volgens die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië (HAN), me. Gitta Paetzold, het Namibië in Julie verlede jaar met ’n akkommodasiebesetting van 60% gespog.
“Julie, wat gewoonlik die eerste maand van die piekseisoen van toerisme is, is gewurg deur die Covid-pandemie en geslote grense en het slegs ’n kamerbesetting van 7,34% getoon,” het sy gesê.
Volgens Paetzold was die kamerbesetting in Mei net 5,19% en in Junie 7,18%.
“Akkommodasiesyfers van laer as 8% is nie naby die ‘gelyk breek’ van die 40% tot 45% as standaard vir enige normale toerisme-akkommodasiebedryf nie. Dit is ’n duidelike teken dat alle akkommodasiegeriewe tans teen ’n reuseverlies sake doen,” het sy gesê.
“Ons is almal gretig dat die grense oopmaak en normale toerismevloei hervat. Ons is almal realisties genoeg om die internasionale reisverbod aan die begin van die pandemie in Maart te verstaan.”
Paetzold sê HAN en die res van die toerismesektor wag in spanning op die implementering van planne deur die regering om die grense vir internasionale toeriste te heropen.
“Nou is die tyd dat Namibië toelaat dat toeriste weer binne ons grense kan reis en dat duisende Namibiërs in die toerismebedryf weer na hul werk kan terugkeer. Hul lewensbestaan is afhanklik van ’n aktiewe en operasionele toerismebedryf.”
UNWTO
Paetzold verwys na die kragtige boodskappe van die Wêreldreis- en Toerismeraad en die Verenigde Nasies se Wêreldtoerisme-organisasie (UNWTO) aan regeringsleiers om sterk leierskap en toewyding met die herlewing van die toerismebedryf te toon.
“Die veilige oorbegin van toerisme is moontlik, maar sterk leierskap van regerings is nodig,” het die sekretaris-generaal van die UNWTO, mnr. Zurab Pololikashvili, vandeesweek gesê.
Volgens die UNWTO is tussen Januarie en Mei wêreldwyd US$320 miljard weens die reisbeperkings van die Covid-19-pandemie verloor.
“Dit is drie keer meer as die impak van die Groot Resessie van 2007 tot 2009 op die toerismesektor – en dit was slegs vir die eerste vyf maande van die jaar,” het Pololikashvili gesê.
Hy sê die heropening van grense vir toeriste is ’n welkome verligting vir miljoene wat afhanklik van die sektor is.
“Oop grense op sigself is nie genoeg nie. In hierdie onsekere tye het mense sterk, duidelike en konsekwente boodskappe nodig.”
Die sekretaris-generaal sê diegene in leierskapposisies erken die belangrikheid van toerisme vir werksgeleenthede, ekonomieë en die heropbou van vertroue.
“Nou moet hulle alles in hul vermoë doen dat mense weer reis en alle protokol volg wat deel van die nuwe realiteit is. Om dit uit te stel, sal katastrofies wees.”
Hy sê dis boonop die mees weerlose mense van samelewings wat die hardste getref word deur die ekonomiese en maatskaplike gevolge van toerisme se stilstand.
“Kortsigtige optrede sal op die lange duur verwoestende gevolge hê. Nou is die tyd vir diegene wat politieke besluite neem om die gaping toe te maak sodat ons almal saam vorentoe kan gaan,” beklemtoon Pololikashvili.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie