Verbod op aborsie tref arm vroue die hardste
Hoewel die wet tegnies aborsies in sekere omstandighede toelaat, is die vereistes om toestemming te verkry so ingewikkeld en ontsagwekkend dat dit “byna onmoontlik” is.
Jana-Mari Smith
Ondanks sterk bewyse dat beperkende aborsiewette behoeftige swart vroue ongelyk benadeel, voer pro-keuse-aktiviste 'n opdraande stryd om met parlementslede te vergader om Namibië se aborsiewet wat uit die apartheidsera dateer, te bespreek.
“Die beperkende aborsiewet is nie onpartydig ten opsigte van klas of ras nie. Weens strukturele ongeregtighede het dit die ergste impak op arm en swart vroue – wat dikwels nie toegang het tot die middele om op ‘n waardige manier vir hulself en hul kinders te sorg nie,” luidens ’n administratiewe oorsig van 2021 oor Namibië se Aborsie- en Sterilisasiewet van 1975.
Vroue wat nie wettige aborsies in Suid-Afrika kan bekostig nie, word benewens inhegtenisneming en vervolging aan hoogs riskante aborsies blootgestel – 'n groot struikelblok vir hul reg op gesondheid en waardigheid.
Hoewel die wet tegnies aborsies in gevalle van verkragting, bloedskande en lewensgevaarlike komplikasies toelaat, is die vereistes om toestemming te verkry so ingewikkeld en ontsagwekkend dat dit “byna onmoontlik” is.
Hierdie bekommernisse en strategieë om die wet te hervorm het verlede week deel uitgemaak van 'n konferensie wat deur die Women's Legal Center en Voices for Choice and Rights Coalition (VCRC) – beide Namibiese niewinsgewende organisasies – aangebied is.
ONVERPOOS
Terwyl die organisasies voortgaan om die publiek op te voed en meer sensitief te maak oor seksuele en reproduktiewe gesondheid en regte vir vroue, sê die VCRC het parlementslede tot dusver pogings vermy om te vergader en die kwessie te bespreek.
“Hulle het aanvanklik 'n kennisgewing uitgestuur oor ons versoekskrif wat ingehandig is om hersien te word en om voor die staande parlementêre komitee voorgelê te word. Sedert ons opgevolg het, het elke poging misluk om parlementslede meer sensitief te maak of met ons te laat vergader. Dit toon 'n gebrek aan dringendheid en dien as duidelike bewys dat wetgewers afstand doen van hul verantwoordelikhede,” het me. Ndiilokelwa Nthengwe, ‘n kampvegter vir interseksionele geslagsgeregtigheid, verduidelik.
'n Petisie wat die VCRC verlede jaar van stapel gestuur het om aborsie in Namibië te wettig, is reeds meer as 62 000 keer onderteken.
Dié petisie het aanleiding gegee tot groot openbare protesoptogte en die indiening van 'n mosie om die kwessie in die parlement te bespreek.
“Kriminalisering verhoed nie aborsies nie, dit verhoog onveilige agterstraat-aborsies,” het Nthengwe benadruk.
Sy het voorts gesê dié gevaarlike agterstraat-aborsies het waarskynlik weens Covid-19 die hoogte ingeskiet, ondanks die “woesteny” van data wat in Namibië beskikbaar is.
“Namibië is al as een van die mees ongelyke lande ter wêreld geïdentifiseer. Dit beteken die meeste arm, swart gemeenskappe word ernstig geraak deur wette wat steeds hul menseregte skend en wat hul reproduktiwiteit beheer, en uiteindelik hul vryheid van keuse en reproduktiewe regte,” het Nthengwe bygevoeg.
Sy het ’n beroep op die ministers van geslagsgelykheid, justisie en gesondheid gedoen om “opnuut te fokus op die pogings om die wet te wysig en die lewens van onder meer adolessente meisies en jong vroue te beskerm”.
ONEFFEKTIEF EN SKADELIK
“Aborsiesyfers styg die meeste in lande wat toegang tot aborsie beperk,” luidens 'n inligtingsblad wat die Regshulpsentrum (LAC) in 2020 oor aborsie saamgestel het.
Boonop “voorkom wette wat toegang tot aborsie beperk, eintlik nie aborsie nie, maar beïnvloed dit waarskynlik die omstandighede waarin aborsie plaasvind.”
Die LAC het benadruk dat “bloot godsdienstige sienings nie deur 'n wet in 'n sekulêre staat soos Namibië op die publiek afgedwing kan word nie”.
Hulle het verder gesê “alhoewel sommige van ons personeellede op morele of godsdienstige gronde teen aborsie is, is ons van mening dat die besluit 'n kwessie van persoonlike gewete is wat nie deur die wet verplig moet word as daar geen wetenskaplike of menseregte-konsensus oor die kwessie is nie.”
DODELIK
Die Guttmacher-instituut het bevind Afrikalande suid van die Sahara het sedert 2019 die hoogste aborsieverwante sterftesyfer van enige wêreldgebied - met ongeveer 185 sterftes per 100 000 aborsies – ‘n totaal van 15 000 voorkombare sterftes per jaar.
Die bogenoemde gebied is geïdentifiseer as dié met die hoogste syfer vir gevaarlike aborsies – wêreldwyd.
“Vanaf 2010 tot 2014 was 77% van die aborsies in die gebied riskant, vergeleke met die wêreldwye gemiddeld van 45%. Die gevolglike voorkoms van gevaarlike aborsies – 6,2 miljoen per jaar – eis 'n groot tol op dié vroue en gesinne.”
Die VCRC het die afgelope jaar joernalistieke opleiding aangebied om verantwoordelike verslaggewing oor seksuele en reproduktiewe regte te verseker.
Boonop het die organisasie met meer as 800 jongmense vergader om die kwessie te bespreek, met finansiële ondersteuning van die International Planned Parenthood Federation. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie