Verbod op die vervoer van hout opgehef
Die verbod op die vervoer van hout wat sedert April 2019 van krag was, is opgehef.
"Ná deeglike konsultasie met verskillende rolspelers, is ooreengekom om dat hout wat reeds in die streke van Kavango-Oos en -Wes en Zambezi geoes is, na enige houtfabriek in die land vervoer mag word," het die uitvoerende direkteur van landbou, water en bosbou, mnr. Percy Misika in samewerking met die uitvoerende direkteur van die omgewing en toerisme, mnr. Teofilus Nghitila, in 'n nuusverklaring gesê.
Die volgende voorwaardes vir die vervoer van hout geld:
1. Geen vars bome mag in hierdie tyd geoes word nie;
2. Alle hout moet in die teenwoordigheid van amptenare van die twee ministeries gelaai word;
3. Hulle kan deur die Namibiese polisie bygestaan word;
4. Bosboubeamptes sal enige houtfabriek inspekteer om enige inligting te bekom;
5. Geen onverwerkte hout mag uit Namibië uitgevoer word nie;
6. Verwerkte hout in die finale fase van gebruik mag onder 'n uitvoerlisensie, uitgereik deur bosboubeamptes, uitgevoer word; en
7. Hout wat van ander lande kom, mag in Namibië verwerk word of via Namibië vervoer word. Dit moet onder streng toesig van die bosbou-departement en ander relevante owerhede soos doeane en die ministerie van die omgewing en toerisme gedoen word.
Vir verdere navrae, kontak die direkteur van bosbou, mnr. Joseph Hailwa, by (061) 208 7666 of 081 128 6390.
Foto verskaf

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie