Verbod op invoer van pluimvee uit Belgiu00eb opgehef
Verbod op invoer van pluimvee uit Belgiu00eb opgehef

Verbod op invoer van pluimvee uit België opgehef

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer



Namibië mag weer hoendervleis en ander pluimveeprodukte uit België invoer.

Dr. Milton Maseke, hoof- veterinêre beampte by die direktoraat veeartsenydienste (DVS), het gister aangekondig die verbod op invoere van lewende pluimvee, voëls en pluimveeprodukte uit dié Europese land, is opgehef.

Die hervatting van invoere sowel as die transitobeweging van voëls van Belgiese oorsprong deur Namibië, geld net vir produkte en lewende voëls wat sedert 29 September 2017 geproduseer of uitgebroei is.

Namibië het in Junie verlede jaar 'n verbod op dié invoere ingestel nadat voëlgriep wat deur die H5N8-virus veroorsaak is, in België sowel as Suid-Afrika uitgebreek het.

Maseke sê daar is besluit om die invoerverbod op Belgiese produkte op te hef nadat die ministerie van landbou, water en bosbou 'n omvattende verslag ontvang het oor die doeltreffendheid van die beheermaatreëls wat dié land teen voëlgriep ingestel het.

Die uitwissing van pluimvee by alle plase en aanlegte wat besmet is, is afgehandel en die geraakte plekke is ontsmet.

Die plekke is vir drie maande daarna vir voëlgriep gemonitor soos deur die Wêrelddieregesondheidsorganisasie (OIE) voorgeskryf word, waarna dit vry verklaar is.

Die invoerverbod op pluimvee en -produkte uit Suid-Afrika geld egter steeds.

Invoerders is deur Maseke versoek om dr. Vistorina Benhardby 061 303150 te skakel vir inligting oor lande wat vry is van voëlgriep.

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer