Verbod op uitvoer van rou hout
Die minister van die omgewing, bosbou en toerisme het gemaan geen nuwe hout mag geoes word nie.
Francoise Steynberg - Die minister van die omgewing, bosbou en toerisme het 'n verbod op die uitvoer van rou en semi-geprosesseerde hout geplaas.
Mnr. Pohamba Shifeta het Donderdag aangekondig dat vervoerpermitte vir hout wat reeds geoes is, slegs uitgereik mag word as dit vir die plaaslike mark bestem is.
"Geen uitvoerpermitte sal vir rou of semi-geprosesseerde hout uitgereik word nie," het hy gesê.
"Geen woudprodukte sal uitgevoer word tensy die direktoraat van bosbou dit vir spesiale doelwitte soos navorsing, onderrig of kulturele of siekte-identifisering goedkeur nie."
Shifeta het ook gesê daar is steeds 'n verbod is op nuwe hout-oeste.
"In hierdie stadium fokus ons op die monitering en fasilitering van die gebruik van hout wat reeds in die land geoes is. Totdat ons tevrede is met hoe geoeste hout volgens die relevante wette hanteer word, bly nuwe hout-oeste verbode."
Die minister sê die publiek het hul kommer uitgespreek rakende die oes en gebruik van houtbronne en daarom het die omgewingskommissaris nie omgewingsklaringsertifikate vir hout-oeste uitgereik nie. Die bosboudirektoraat het ook derhalwe vroeër vanjaar die uitreik van permitte vir houtoeste en die vervoer van hout gestaak.
"Die hoofredes vir hierdie ingrypings is om te verseker dat hierdie skaars en waardevolle houthulpbronne op 'n volhoubare grondslag tot voordeel vir alle Namibiërs gebruik word," het Shifeta beklemtoon.
Hy meen die plaaslike houtbedryf moet bevorder word en waarde moet tot hout as voltooide of semi-voltooide houtprodukte toegevoeg word.
"Ons doen 'n beroep om beleggers om in houtverwerking te belê om die plaaslike mark te voed. Diegene met reeds bestaande vennootskappe om hout uit tevoer, moet ook verseker dat die hout reeds verwerk is - andersins kan 'n uitvoerpermit nie uitgereik word nie," sê Shifeta.
Hy moedig Namibiese houtverwerkeres aan om plaaslik hout te koop, eerder as om van ander lande in te voer om "ons industrie te laat groei en werksgeleenthede vir die land te skep".
Die minister sê bosboubeamptes is gereed om aktiweite soos hout-oeste en die vervoer daarvan in samewerking met die Namibiese polisie te monitor.
"Alle hout wat vervoer word, moet in die teenwoordigheid van beamptes op vragmotors gelaai word. Hout- en houtprodukte wat sonder die nodige permit vervoer word, sal gekonfiskeer word. Oortreders sal in hegtenis en aangekla word," waarsku Shifeta.
Hy het ook aangekondig dat hy mnr. Timoteus Mufeti op 19 Maart as die nuwe omgewingskommissaris aangestel het en vir dr. Caroline !Garus-Oas as die nuwe adjunkomgewingskommissaris vanaf 1 Augustus.
Mnr. Colgar Sikopo beklee vanaf 1 September die pos as adjunk- uitvoerende direkteur van die departement natuurlike hulpbronnebestuur.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie