Verbrandingstoestel vir naalde eerste in Namibiu00eb
Verbrandingstoestel vir naalde eerste in Namibiu00eb

Verbrandingstoestel vir naalde eerste in Namibië

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht - ’n Verbrandingstoestel wat onmiddellik wegdoen met gebruikte naalde, is nou in gebruik by ’n mediese sentrum in Windhoek.
Die toestel is die eerste van sy soort in Namibië en is deur die Welwitschia Family Clinic (WFC) in die hoofstad in gebruik geneem. Volgens me. Maryna Hough van WFC is die toestel kostedoeltreffend en verseker dit die veilig­heid van beide die praktyk en die pasiënte.
Huidig is mediese geriewe in die hoofstad aangewese op ’n private maatskappy wat mediese afval weekliks na die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) se verbrandingsoond by die Katutura-hospitaal neem waar dit verbrand word.
“Met die verbrandingstoestel kan dit gebruikte naalde op jou eie perseel vernietig word en sodoende pas jy jou eie infeksiebeheer toe.”
Die ministerie het verlede jaar drie nuwe verbrandings­oonde teen ’n koste van N$2,5 miljoen opgerig wat die hele Khomasstreek, ingesluit die private gesondheidsektor, moet bedien.
Mediese afval wat hier verbrand word, sluit aansteeklike mediese, liggaamsvloeistowwe­ en -dele, bloed en spuitnaalde in. In 2013 is beraam meer as ’n duisend sakke mediese afval word daagliks by die verbrandingsoond uitgebrand.
Volgens ’n bestuursplan vir die nuwe oond was die gemiddelde gewig van ’n sak 1,023 kg.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!