Verbreek die stigma van demensie

Die Alzheimer Demensie-sentrum in Swakopmund moes die afgelope ses maande ingrypende stappe doen om sy kwesbare inwoners teen blootstelling aan die coronavirus te beskerm.
Erwin Leuschner
Erwin Leuschner – Die adjunkminister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Esther Muinjangue, het Maandag op Wêrelddag vir Alzheimers besoek by die Alzheimer Demensie-sentrum (ADN) in Swakopmund afgelê.

Die sentrum is die enigste van sy soort in die land. Sowat twee dosyn inwoners met 'n reeks degeneratiewe of nie-degeneratiewe breinkwale word hier versorg.

“Ons moet die stigma in Namibië verbreek wat dié siektes omhul en bewusmaking skep,” het dr. Muinjangue tydens die besoek gesê.

Demensie is die generiese term vir sowat 100 siektes, waarvan Alzheimers die mees algemene is.

“Sulke mense ly aan geheueverlies of ervaar persoonlikheidsveranderinge. Hulle kan egter steeds 'n gelukkige lewe lei,” het sy gesê.

Volgens beraminge van die ministerie is daar sowat 8 000 mense in Namibië wat aan tipes van demensie ly. Families en kennisse word dikwels deur die situasie oorweldig, veral in plattelandse gebiede. Dikwels word demensielyers in sulke gemeenskappe as getoor of onder die invloed van geeste beskou.

“Ons moet meer doen om te verseker ons burgers kan hul aftrede met waardigheid geniet,” het sy gesê en haar waardering teenoor die sentrum en sy personeel uitgespreek. Muinjange het ook nouer samewerking beloof.



HOë RISIKO-GROEP

“Ons moes ons program weens Covid-19 drasties verander,” het ADN se besturende direkteur, mnr. Berrie Holzhausen, gesê.

“Almal hier is hoë risiko; as die virus hier moet versprei, vrees ons die ergste,” het hy gesê.

Om dié rede is geen besoeke die afgelope ses maande toegelaat nie, terwyl die personeel op die perseel gebly het. Die risiko is net te groot. Ons moes dié ingrypende stappe neem om almal veilig te hou.”

Hy het sy dank teenoor die regering en veral president Hage Geingob uitgespreek vir maatreëls wat in die stryd teen die virus ingestel is.

Volgens Holzhausen en sy personeel is daar weinig begrip van demensie in Namibië. Tydens Muinjangue se besoek is verskeie stories gedeel oor bejaardes wat in landelike gebiede vasgeketting, of as hekse uitgekryt word.

“Meer onderrig is dringend nodig. In te veel gevalle word demensie in Namibië steeds met toordery geassosieer,” sê Holzhausen.

“Ons moet nouer met die ministeries van gesondheid en ook onderwys, kuns en kultuur saamwerk.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!