Verbruikers draai steeds hul sente om
Die sterkste reële jaargroei, van 4,5%, is in SA aangeteken in die kategorie vir huistoestelle en elektronika.
Hanlie Stadler – Kasregisters klinkel glad nie hard vir Suid-Afrika se kleinhandelaars nie, wat op sy beurt wys dat verbruikers steeds onder enorme druk verkeer.
Kleinhandelverkope was in dié maand slegs 1,1% meer as ’n jaar gelede in reële waarde (nadat prysstygings verreken is) – die swakste groei in ses maande, sedert Maart se 0%, het Statistieke Suid-Afrika (SSA) dié week bekend gemaak.
Tussen Julie en Augustus het verkope selfs gedaal, met 0,9%. Dis die eerste negatiewe maandgroei sedert Mei. Selfs in huidige randwaarde – dus prysstygings ingesluit – het maand-tot-maand-verkope met 0,2% gedaal, ook die swakste syfer in ses maande.
Die sterkste reële jaargroei, van 4,5%, is aangeteken in die kategorie vir huistoestelle en elektronika.
Daar was ook betreklik sterk groei van 3,8% in die “ander” kategorie, ’n allegaartjie wat alles van juweliers en boekwinkels tot winkels vir gebruikte goedere insluit, maar dis minder as die helfte van Julie se 8%-groei.
Verkoopsgroei het ook skerp verlangsaam in die kategorie vir klere en skoene (van 3% tot 0,9%), en van toiletware en medisyne (van 3,7% tot 0,4%).
Verkoopsgroei by algemene handelaars het effens gestyg, van 0,2% in Julie tot 0,5% in Augustus.
Die enigste negatiewe groei is aangeteken in die kategorie vir ysterware, verf en glas, wat met 1% gedaal het. Dis die derde opeenvolgende maand dat dié kategorie agteruitboer.
Siphamandla Mkhwanazi, ’n senior FNB-ekonoom, sê dit bly duidelik dat kleinhandelaars nie al die prysstygings wat hulle self moet opdok, aan verbruikers kan deurgee nie. Verbruikers se soeke na winskopies word net al hoe aggressiewer.
Die Nedbank-ekonome Johannes Khosa en Dennis Dykes verwag dat kleinhandelverkope vir die res van die jaar op dieselfde trant sal voortploeter. Aan die een kant besef verbruikers dat pryse nou goed is en hulle trek voordeel uit die verlaging in die rentekoers in Julie. Aan die ander kant is daar “beperkte werkvooruitsigte en swak verbruikersvertroue”.
Groothandelsyfers
Groothandelverkoopsyfers het ook in Augustus ’n enorme insinking beleef nadat Julie se syfers besonder stewig was. Verkope was 4% minder as ’n jaar gelede en 7% minder as in Julie. Laasgenoemde is die grootste maanddaling tot nog toe vanjaar.
Motorhandelsyfers
Verkope in die motorhandel het in Augustus verlangsaam tot 1,3% op ’n jaargrondslag en 1% vergeleke met Julie.
SSA meet ses kategorieë, waarvan vier van jaar tot jaar gestyg het. Die stygings was egter almal swakker as in Julie.
Net die verkope van brandstof (-3,4%) en die inkomste van werkwinkels (-0,4%) het gedaal.
Só het al ses kategorieë gevaar vergeleke met ’n jaar gelede:
· Verkope van nuwe motors: 7,3%
· Verkope van gebruikte motors: 1,2%
· Verkope van motorbykomstighede: -0,4
· Besteding by werkwinkels: 1,7%
· Verkope van brandstof: -3,4%
· Verkope by vulstasies se geriefswinkels: 3,1% – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie