• Tuisblad
  • Sake
  • Verbruikers het hul Kerskous met klere van Foschini gevul
Verbruikers het hul Kerskous met klere van Foschini gevul
Verbruikers het hul Kerskous met klere van Foschini gevul

Verbruikers het hul Kerskous met klere van Foschini gevul

Nellie Brand-Jonker

Verbruikers in Suid-Afrika het Desember hul Kerskous met klere van die Foschini-groep (TFG) se klerewinkels gevul.

TFG se handelsoorsig vir verkope in Desember toon sy klereverkope het ’n omsetgroei van 11,4% getoon. In dieselfde winkels het die omset van klere die vorige jaar met 5,9% gestyg.

TFG sê in ’n handelsoorsig selfs ná sterk verkope op Swart Vrydag (24 November) het hy bevredigende verkope in Desember gehad wat bo die bestuur se verwagting was.

Die stewige omsetgroei toon moontlik dat TFG markaandeel by ander klerewinkels wen, want hy ervaar al die afgelope nege maande prysdeflasie op sy produkte. Dit beteken dit is nie noodwendig prysstygings wat sy omset lig nie, maar meer produkte wat verkoop word.

Die verkope in Desember blyk baie beter as Woolworths s’n te wees wat Maandag ’n handelsoorsig vir die ses maande tot 24 Desember uitgereik het. Woolworths se verkope van klere (asook skoonheidsprodukte en huisware) het 0,2% gedaal en in vergelykbare winkels met 3,4%.

TFG se totale omset in Suid-Afrika, as ander produkte ingesluit word, het in Desember in geheel met 6,6% gestyg. As die nuwe winkels wat geopen is sedert die vorige jaar uitgesluit word, het die omset met 1,7% gestyg.

Dit is heelwat stadiger groei as in die vorige jaar dieselfde maand toe sy omset deur hoër inflasie gelig is.

Sy verkope is afgetrek deur ander produkte wat hy verkoop. Verbruikers het rem aangeslaan met die aankope van huisware, skoonheidsmiddels, juweliersware en selfoonprodukte in Desember.

Sy ander winkels sluit in @home, American Swiss en Sterns.

TFG se aandeelprys het egter met 5% tot R181 gestyg nadat die handelsoorsig getoon het sy totale verkope het in Desember goed gevaar ná twee oorsese verkrygings.

Sy omset het in geheel in Desember (van 26 November af tot 30 Desember) met 31% gestyg. Die omset is gelig deur die verkryging van Hobbs in Brittanje wat 25 November in werking getree het en sy Australiese bedrywighede is ook vir die eerste keer in Desember ingesluit. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!