Verbruikers het minder fiemies in taai tye
Verbruikers het minder fiemies in taai tye

Verbruikers het minder fiemies in taai tye

Die markaandeel van eie handelsname in verhouding tot totale verkope het van twee jaar gelede tot nou van 18,8% tot 19,6% gestyg.
Jo-Mare Duddy Booysen
Nellie Brand-Jonker - Verbruikers kry nou te swaar om hul neuse op te trek vir produkte wat winkelgroepe onder hulle eie handelsname verkoop.

Die marknavorser Nielsen het in ''n nuwe studie bevind sowat R38,4 miljard, of R10 van elke R50, word by kasregisters aan dié handelsname bestee.

Dit is deels toegeskryf aan verbruikers wat in die taai ekonomiese toestande na goedkoper produkte soek wat van dieselfde gehalte as voedselvervaardigers se produkte is.

Dit is handelsname wat winkelgroepe self besit.

Clicks verkoop byvoorbeeld medisyne onder sy eie handelsnaam terwyl Pick n Pay onder sy eie naam en onder die No Name-­handelsnaam produkte verkoop.

Dit is in teenstelling met byvoorbeeld die handelsmerkprodukte van voedselvervaardigers soos Tiger Brands en Pioneer Foods wat op winkelrakke gesien word.



Eie handelsmerke

Volgens Craig Henry, besturende direkteur van kleinhandel vir Nielsen in Afrika en die Midde-Ooste,­ meen sowat 63% van Suid-Afrikaners dat die gehalte van die winkels se eie handelsnaamprodukte “net so goed is” as die handelsmerkprodukte van voedselvervaardigers.

Henry sê Suid-Afrikaanse verbruikers wat voorheen hul neuse opgetrek het vir winkelgroepe se eie handelsname, het tot inkeer gekom daaroor.

Volgens hom brei eie handelsname vinnig uit.

Die markaandeel van eie handelsname in verhouding tot totale verkope het van twee jaar gelede tot nou van 18,8% tot 19,6% gestyg.

Hy sê meer welaf huishoudings koop ook produkte met winkels se eie handelsname.

“Meer as die helfte van die besteding op winkels se eie handelsname kom van ryker huishoudings,” sê hy.

Volgens hom groei stapelvoedsel wat onder private handelsname verkoop word, vinniger as ander handelsmerke.

Dit is nie net armer mense wat die produkte koop nie.

Hy sê dit word as ''n alternatief vir die produkte gesien en dat dit die “beste produk teen die beste prys” bied.

Volgens hom is dit omdat verbruikers in moeilike ekonomiese tye na groter waarde vir hul geld soek.



Produkte

Sowat 70% van die verkope van private handelsname is aan kruideniersware en bederfbare produkte.

Daarteenoor is dié twee kategorieë van ander handelsname se verkope in verhouding tot winkels se totale verkope meer as 40%.

“Die samestelling van verbruikers se mandjie verander namate verbruikers goedkoper proteïene en koolhidrate soek,” sê hy.

Nielsen sien ook dat verbruikersbesteding op luukse produkte besnoei word en dat winkelgroepe gevolglik ook vinnig met hul eie handelsname in gebak, persoonlike sorg en babaprodukte uitbrei.

Die vyf produkte waarvan die meeste verkoop word en 30% van alle verkope van private handelsname verteenwoordig, is verkoelde hoender, rakmelk, vars hoender, vars melk en kookolie.

Ander produkte wat gewild is, sluit in verkoelde verwerkte vleis, toiletpapier, suiker, eiers, joghurt, koekies, gaskoeldrank, verpakte kaas, sap met ''n kort raklewe en biltong.

- Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!