Verbruikers is in Julie duurder brandstof gespaar
Ronelle Rademeyer - Duurder ruolie beteken gewoonlik duurder brandstof. Danksy die gesonde finansiële stand van die Nasionale Energiefonds (NEF), kan die reuse-onderverhaling in die prys van brandstof in Junie daaruit gefinansier word en hoef die verbruiker nie in Julie meer vir petrol en diesel te betaal nie.
Dié aankondiging is laat gister deur die minister van myne en energie, mnr. Tom Alweendo, gemaak.
Die prys van petrol en diesel het in Junie met nagenoeg US$12 per vat gestyg, van US$32 en US$31 per vat in Mei vanjaar. Die wisselkoers was egter gunstiger in Junie as in Mei. Die onderverhaling was nietemin N$141,67 per liter vir diesel, en N$205,26 per liter vir petrol.
Alweendo wys daarop onderverhalings lei normaalweg tot verhogings in die prys van diesel en petrol, maar sê die ministerie het in die lig van die moeilike ekonomiese omstandighede in die land besluit om dit uit die NEF te finansier.
In Suid-Afrika styg die pryse van petrol en diesel vandeesmaand met onderskeidelik R1,72 en R1,73 per liter.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie