Verbruikers koop dalk weer meer – maar op skuld
'n Effens verrassende tendens van die afgelope paar maande is dat die verkope van meubels, huishoudelike toestelle en elektronika in Februarie skerp gestyg het.
Hanlie Stadler - Aan die een kant koop verbruikers weer meubels en huishoudelike toestelle en doen meer mense aansoek om krediet by winkels.
Hulle koop ook weer aansienlik meer klere en skoene.
Aan die ander kant bestee hulle al hoe minder aan huisverbeteringe en laai hulle hul kostrollies glad nie voller nie.
Ekonome verskil oor wat om te maak van die teenstrydige syfers oor winkelverkope wat Statistieke Suid-Afrika (SSA) Woensdag uitgereik het, maar oor een ding is daar konsensus: Dit lyk al hoe waarskynliker dat Suid-Afrika se ekonomie in die eerste kwartaal van 2019 gekrimp het. Die kleinhandelverkoopsyfers is 'n belangrike stukkie van die legkaart van die bruto binnelandse produk (BBP).
Hoewel dit nog net die syfers vir Februarie is, is veral die driemaande-syfer kommerwekkend omdat BBP-syfers op kwartaalsyfers fokus.
In die drie maande tot einde Februarie het kleinhandelverkope met 1,8% gedaal vergeleke met die drie maande tot einde November. Dis die eerste keer sedert Junie 2018 dat die driemaandesyfer negatief is; dis ook nie 'n standaard-daling in Februarie nie.
Kleinhandelverkope het wel op 'n jaargrondslag met 1,1% gegroei en op 'n maandgrondslag met 0,5%.
Dis alles gemeet op grond van konstante 2015-rand, 'n maatstaf wat die uitwerking van inflasie uitsluit en wat ook gebruik word wanneer die BBP bereken word.
VERVAARDIGINGSPRODUKSIE
Die powere driemaandesyfers in die kleinhandel kom nadat vervaardigingsproduksie in dieselfde drie maande met 0,6% gedaal het en mynbouproduksie met 5% gedaal het.
'n Effens verrassende tendens van die afgelope paar maande is dat die verkope van meubels, huishoudelike toestelle en elektronika in Februarie skerp – met 7,4% – gestyg het.
Gewoonlik word besteding in dié kategorie beskou as 'n aanduiding dat verbruikers weer geld het om aan nie-noodsaaklike items te bestee, of meer vertroue in die toekoms het.
Gegewe jare waarin mense minder bestee het in dié kategorie, kan dit dalk bloot wees dat daardie geduldige rusbank nou deurgesit is en vervang móét word.
Die indeks van verbruikersvertroue van die Buro vir Ekonomiese Ondersoek het in die eerste kwartaal van 2019 tot net 24 geval – ver onder die halfpadmerk.
Johannes Khosa en Dennis Dykes, ekonome van Nedbank, reken ook dat huishoudings se geldsake nog lank onder druk wees. Op kort termyn sal verbruikersbesteding wel 'n bietjie aangehelp word deur gedempte inflasie, veral laer kospryse.
Die aantal kredietaktiewe verbruikers het ook skerp gestyg, met 1,8 miljoen mense tot 25,9 miljoen, in die laaste kwartaal van 2018.
- Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie