Verdagte 'n Trump-aanhanger
'n Kanadese student in politieke wetenskap wat glo nasionalistiese oortuigings het, is Maandag op ses aanklagte van moord aangekla ná die skietery by 'n moskee in Quebec-stad.
Dit was een van die ergste aanvalle tot nog toe op Moslems in 'n Westerse land.
Justin Trudeau, Kanadese premier, het Sondagaand se skietery by die Islamitiese Kultuursentrum in 'n besige distrik van Quebec-stad as 'n terreuraanval beskryf.
Agt mense is ook in die kruisvuur gewond en vyf van hulle is steeds in 'n kritieke toestand in die hospitaal.
Alexandre Bissonnette het vlugtig in die hof verskyn nadat hy homself aan die owerhede oorgegee het. Hy word van ses aanklagte van moord met voorbedagte rade en vyf van poging tot moord aangekla, het die polisie bevestig.
Meer aanklagte kan later volg.
“Daar is klopjagte aan die gang,” het 'n woordvoerder van Kanada se koninklike berede polisie op 'n mediakonferensie gesê.
“Ons hoop om die bewysstukke te kry sodat ons die punt kan bereik waar ons terreurklagte en klagte wat met nasionale sekerheid verband hou, kan indien,” sê sy.
Die plaaslike media berig Bissonnette is 'n nasionalis en anti-feminis van Quebec wat onlangs pres. Donald Trump van Amerika se Facebook-blad besoek en “ge-like” het.
Hy het na wat berig word ook sy steun aan die Franse verregse politikus Marine Le Pen uitgespreek.
Intussen het die owerhede gesê die tweede persoon wat in hegtenis geneem is ná die voorval is bloot as 'n ooggetuie ondervra.
Daar was bykans 50 mense in die moskee toe die aanval uitgevoer is.
– Netwerk24/News24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie