Verdagtes kry wéér borg

Nege verdagtes is verlede week in verband met wildmisdaad in hegtenis geneem.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Terwyl twee vermeende renosterstropers Sondag deur die Blue Rhino-taakspan by Omuthiya in hegtenis geneem is, is twee vermeende horingsmokkelaars verlede week weer op borgtog van N$50 000 elk vrygelaat.

Volgens die weeklikse wildmisdaadverslag van die eenheid vir beskermde hulpbronne van die Namibiese polisie en die intelligensie- en ondersoekeenheid in die ministerie van die omgewing en toerisme is nege verdagtes van 21 tot 27 Oktober in verband met wildmisdaad in hegtenis geneem.

Dié twee vermeende renoster­stropers is mnre. Tsililinus Ferndch en Naftali Kandenge, wat glo ook 'n wildpark sonder 'n permit betree het.

'n Vermeende lid van 'n horingsmokkelsindikaat, mnr. Tangi “Mox” Namwandi, wat saam met sy mede­be­skuldigde, mnr. Jarius ­Shaalukeni, in Junie 2016 glo met vier renosterhorings in sy BMW in die hoofstad vasgetrek is, is verlede Vrydag in die Windhoekse landdroshof in Katutura op borgtog van N$50 000 vrygelaat.

Hulle is destyds ook op borgtog van N$50 000 elk in dieselfde hof vrygelaat, maar het weer later agter tralies beland weens hul vermeende ver­bintenis met 'n sindikaat.

Altesaam vyf nuwe sake is verlede week aanhangig gemaak en beslag is op een eland, een lewende ietermagô, een kameelperdstert en 'n lewende skilpad gelê.

VASGETREK

Op Ndiyona is mnre. Makushe Limbare, Muronga Timoteus, Moyo Alexander, Muyenga Shipipa en Shitemo Shipipa verlede week in verband met die onwettige jag van 'n eland in hegtenis geneem.

Ook op Ndiyona is mnre. Moyo Alexander, Muyenga Shipipa en Shitemo Shipipa verlede Donderdag glo met 'n kameelperdstert in hul besit vasgetrek.

'n Zambiër, mnr. Muyangwa Sitali, is glo verlede Vrydag op Ngoma met 'n lewende skilpad vasgetrek en mnr. Hausiku Kariki op Otjiwarongo met 'n lewende ietermagô.

Kariki is verlede Dinsdag in die hof skuldig bevind aan die oortreding van die handel in beheerde wildprodukte en tot 'n boete van N$10 000 of twee jaar agter tralies gevonnis.

HOFSAKE

Verskeie vermeende wildmisdadigers is op borgtog vrygelaat: Mnr. Katewa Evalistus is verlede Dinsdag in die Windhoekse landdroshof in ­Katutura op borgtog van N$3 000 vrygelaat nadat hy glo met 'n ietermagôvel in sy besit betrap is. Hy verskyn weer op 27 November.

Mnr. Hafeni Haimbodi is verlede Donderdag in die Grootfontein-landdroshof borgtog van N$1 500 toe­gestaan ná hy glo een ietermagôvel in sy besit gehad het.

Mnre. Daniel Hango en ­Timotheus Kasera het borgtog van N$4 000 elk gekry nadat hulle glo twee jaggewere en 'n pistool tydens 'n wildmisdaad gebruik het.

Op Oshikango is mnre. Nashilongo Absalom en Jonas Amunyela verlede Vrydag borgtog van N$6 000 elk toegestaan. Hulle het in verband met die onwettige besit van twee olifanttande en een lewende ietermagô verskyn.

Hul medebeskuldigde, mnr. Benjamin Shikongo, is borgtog geweier.

Twee Zambiërs, mnre. David Ndala en Liswaniso Papulanga, en 'n Angolees, mnr. Brain Mandjolo, het verlede Vrydag op Omaruru in verband met die onwettige besit van twee ­renosterhorings verskyn. Hulle bly in aanhouding en verskyn weer op 8 November in die hof.

Mnre. Joseph Ngoma, Aron Tjivambi, Pedros Katchaka en Michael Jonas, en 'n Zambiese burger, mnr. Shaniningilwe Kalwizi, het verlede Vrydag in die Otavi-landdroshof in verband met die onwettige besit van twee renosterhorings en een jaggeweer verskyn.

Hulle bly ook in aanhouding.

Mnr. Mbayenovantu “Tjova” Katiti bly in aanhouding ná hy verlede Donderdag in verband met ses stukke ivoor in sy besit op Otjiwarongo verskyn het.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!