Verdagtes soek ná aanval op bejaarde dokter
Die polisie op Swakopmund is op soek na twee verdagtes wat Dinsdagnag 'n bejaarde dokter in Mondesa aangerand en beroof het.
Die slagoffer, die 73-jarige dr. Sean de Jager wat alleen bly, het geslaap toe hy omstreeks 02:20 'n klop aan die deur hoor. Hy het deur die venster gekyk en twee jong mans gesien wat hy herken het as twee vriende van sy aangenome seun. Hy het volgens die polisie die deur oopgemaak en terwyl die verdagtes in die huis was, het hulle hom oorweldig en aangerand. De Jager is verwurg en hy is met 'n elektriese kabel aan 'n stoel vasgebind.
Die twee verdagtes het twee selfone, sowel as De Jager se motor- en huissleutels gebuit en met sy motor, 'n rooi VW Polo Vivo, registrasie N1198R, wat voor die huis gestaan het, weggery. De Jager is in die huis toegesluit en kon daarin slaag om los te kom en deur die badkamervenster te ontsnap. Hy het die saak by die Mondesa-polisiekantoor aangemeld. De Jager is vir mediese sorg in die staatshospitaal op Swakopmund opgeneem en sy toestand is tans stabiel. Sy aangenome seun word in verband met die voorval gesoek en is volgens die polisie na bewering in Rehoboth. Die verdagtes is steeds soek en enige persoon met inligting kan die volgende persone skakel: adj. komm. Erastus Iikuyuby 0812464757, hoofinspekteur Johannes Mwatongwe by 0812461121 of speursersant Rosa Tjihavero by 0814137105 of die naaste polisiestasie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie