Verdagtes vas oor 19 sakke drou00eb vleis
Verdagtes vas oor 19 sakke drou00eb vleis

Verdagtes vas oor 19 sakke droë vleis

Twee mans is in hegtenis geneem en drie het gevlug nadat hulle met sowat N$30 000 se vleisprodukte betrap is.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Vyf mans is Saterdag omstreeks 04:20 by 'n padblokkade tussen Otjiwarongo en Outjo met vermoedelik gesteelde, gedroogde vleis betrap.

Volgens die Namibiese polisie (Nampol) se misdaadverslag is twee mans van onderskeidelik 32 en 27 in hegtenis geneem, maar drie verdagtes het in die bosse op die vlug geslaan.

“'n Rooi dubbelkajuitbakkie is deur Outjo se polisiepatrollie gestop en deursoek, waartydens 19 sakke droë vleis gevind is,” lui die verslag.

Die waarde van die vleis beloop na raming N$30 000.

Volgens Nampol se woordvoerder in die ­Otjozondjupastreek, ao. Maureen Mbeha, is die voortvlugtende verdagtes aan die polisie bekend.

Volgens die voorlopige ondersoek het die verdagtes vermoedelik vir 'n paar dae in die omgewing van Otjikondo, op die Onamatanga-pad wes van Outjo, gekampeer.

Hulle het na bewering vier beeste geslag. Die polisie se eenheid vir veediefstal ondersoek die saak.

'n Olifant is Vrydag ná mens-dier-konflik in die Omize-nedersetting in die Kunenestreek doodgeskiet.

Volgens die Namibiese polisie se misdaad­verslag het 'n trop olifante omstreeks 01:00 die mielieland in die nedersetting vernietig.

“Twee mans het na die mielieland gegaan toe hulle die olifante hoor trompetter. Hulle het waarskuwingskote afgevuur, maar die olifante wou nie weggaan nie,” lui die verslag.

“Die mans het aanhou skiet totdat een olifant geval het. Hulle het eers die volgende oggend die karkas langs die mielieland ontdek.”

Volgens die polisie is die .303-gewere gelisensieer en niemand is in hegtenis geneem nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!