Verdediging vra vir boete vir Katrina
Verdediging vra vir boete vir Katrina

Verdediging vra vir boete vir Katrina

Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Katrina se regsverteenwoordigers vra dat sy slegs 'n boete van N$35 000 opgelê word en as die hof dit nodig ag, 'n opgeskorte vonnis.
Die hofverrigtinge is vanoggend vir 'n paar minute onderbreek nadat oudminister Katrina Hanse-Himarwa se regsverteenwoordiger, mnr. Sisa Namandje, vir strafversagting gepleit het.
Hy sê dit is 'n eerste oortreding vir iemand wat reeds 52 jaar oud is en dat sy reeds bedank het sedert haar skuldigbevinding. Dit beteken onder meer dat sy haar salaris as minister van meer as N$1 miljoen per jaar moes opgee. As 'n gewone lid van die nasionale vergadering gaan sy slegs sowat N$690 000 per jaar verdien, terwyl sy talle afhanklikes het wat haar vier kinders, twee klein kinders en 82-jarige sieklike moeder insluit.
Boonop beloop haar regskostes reeds meer as N$1,4 miljoen, waarvan sy nog meer as N$837 000 vóór 1 Augustus moet betaal. Namandje sê die finansiële las op haar is enorm. Hy het ook gesê ten spyte van wat mense mag glo vanweë haar lewendige persoonlikheid en die feit dat sy altyd vir kameras glimlag, het sy opregte berou oor haar oortreding en vra sy opreg om vergifnis.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!