Verdeeldheid byt APP glo
Verdeeldheid byt APP glo

Verdeeldheid byt APP glo

Denver Kisting
Denver Kisting



Die jeugliga van die All People's Party (APP) voer aan dié politieke party word deur diktators regeer.

Mnr. Sebastian Ndjamba, die president van die jeugliga, sê die party se bestuur het glo voor die afgelope naweek se kieskollege besluit wie op die party se Nasionale Vergadering (NV)-lys moet kom.

Van 'n verkiesing om dié lys saam te stel, was daar glo geen sprake nie. “Dit is nie demokrasie nie,” sê hy.

Mnr. Vinsent Kanyetu, die party se sekretaris-generaal, ontken die bewerings.

Volgens hom was daar wel 'n verkiesing. Hy skryf van die jeuglede se ongelukkigheid daaraan toe dat hulle gegrief is omdat hulle nie tot die lys verkies is nie.

Kanyetu sê die APP sal vandag 'n nuuskonferensie belê om sy manifes vir November se verkiesing en sy kandidatelys bekend te stel.

Die media is genooi na 'n nuuskonferensie wat Sondag op Döbra buite Windhoek sou plaasvind.

Met die media se aankoms by die venue was die ontstoke jeuglede besig om hul stem dik te maak teen hoe die proses verloop het. Van die bestuurslede het hulle hande vol gehad om die gemoedere tot be­daring te bring.

Die party het tans twee setels in die huidige NV.

Ndjamba sê daar sal dadels kom van planne om in die November- presidents- en NV-verkiesing die aantal setels te vermeerder as die APP nie die verdeeldheid aanspreek nie.

Die party staan onder leiding van mnr. Ignatius Shixwameni.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!