Verdeeldheid oor hout-oeste
Namibië het “orde, riglyne” nodige om die wanordelike oes van hout te hanteer.
Catherine Sasman
Die parlement se staande komitee oor die bestuur van natuurlike hulpbronne sal voorstelle aan die parlement voorlê sodra sy ondersoek na kommersiële hout-oeste in die noordooste van die land afgehandel is.
Agt van die 16 komiteelede het verlede week gebiede in die Zambezi-, Kavango-Oos- en –Wesstreek besoek om die impak van die oes en uitvoer van hout te ondersoek. Hulle het ook met tradisionele leiers en verskeie ministeries en boere vergader.
Die voorsitter van die komitee, me. Sophia Swartz-Fischer, het Maandag gesê nog vergaderings en ondersoeke sal in Windhoek volg.
Daarná sal 'n openbare dokument opgestel word en die twee ministeries wat die meeste geraak word, die ministerie van die omgewing en toerisme (MET) en die ministerie van landbou, water en bosbou (MAWF), sal dan 'n algemene begrip oor die bestuur van die land se kleinste woudgebied vorm.
“Ons het orde en riglyne nodig. Ons weet ontbossing lei tot klimaatsverandering. Namibië is 'n semiwoestyn. Moeder Natuur sal wraak neem as ons nie vinnig optree nie,” het Swartz-Fischer gesê.
Volgens haar is die komitee in die Zambezi van 'n lys van name van boere voorsien wat oespermitte, sowel as omgewingsklaringsertifikate het. Die komitee het die Katima-plaas en die Liselo-besproeiingsprojek in die Zambezistreek besoek waar 'n ontbossingstender en oespermitte uitgereik is.
Volgens Swartz-Fischer het mnr. Lawrence Sampofu, goewerneur van die Zambezistreek, se kantoor erken die onbeheerde oes van hout het wel plaasgevind – sonder die nodige permitte.
Die Uukwangali- tradisionele owerheid, onder leiding van mnr. Eugene Siombe, sê die landbouministerie moet met die tradisionele owerheid kommunikeer voor enige oeslisensies uitgereik word.
Hompa Alfons Kaundu van die Mbunza- tradisionele owerheid het die komitee vertel van gevalle wat aangeteken is waar tot drie of vier mense een oespermit gebruik het.
Dis nie duidelik of enige van dié gevalle by die toepaslike owerhede aangemeld is nie.
hOKAAIROEPERS
“Oeste is buite beheer,” het Swartz-Fischer gesê.
Die Mbunza-owerheid het ook versoek dat die landbouministerie net deur tradisionele kantore oespermitte uitreik, omdat hulle die gebiede ken en hokaairoepers op voetsoolvlak kan ontplooi.
Mnr. Samuel Mbambo, goewerneur van die Kavango-Oosstreek, sê die media en ander belanghebbendes het hout-oeste in die streek uit verband geruk.
Hy het glo aan die komitee gesê hy het toestemming aan kleinboere verleen om bome met behoorlike oespermitte te oes om hulle te help met die ontwikkeling van grond waarop hulle huurkontrakte van 99 jaar bekom het.
Swartz-Fischer sê die Kavango-Oos-boere-unie (Kerfu) het aangedui boere het intussen N$300 vir omgewingsklaringsertifikate (ECCs) betaal wat nog uitgereik moet word.
Die omgewingsministerie het vroeër vanjaar gesê buiten twee gevalle – die plaas Liselo- en Katima-gevalle – is alle kommersiële hout-oeste in die drie noordelike streke sonder die vereiste ECCs gedoen.
Volgens 'n verslag wat in April gesamentlik deur die MET en die MAWF opgestel is, is 390 hout-oeslisensies in die Kavango-Oos en 42 in die Kavango-Wes sonder ECCs uitgereik.
Mnr. Alpheus !Naruseb, landbouminister, het later in die parlement gesê wette is verkeerd verstaan, wat tot die onwettige oes van hout gelei het.
Hy het toe gesê sy ministerie was nie duidelik oor of die oes of die ECCs eerste gekom het nie.
Sedert die opheffing van oeslisensies in November verlede jaar is 'n verdere 231 nuwe aansoeke vir oespermitte ontvang en afgekeur.
Ten spyte van die opheffing van die oespermitte sê Swartz-Fischer is daar steeds groot voorrade hout op sommige plase.
Volgens haar het boere die regering se toestemming gevra om dit plaaslik van die hand te sit of om dit uit te voer.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie