Verdere knou vir Keibs
Dae ná ’n treurspel ’n paartjie se lewens geëis het, is hul families deur nóg ’n slag getref.
Denver Kisting – Drie aande nadat mnr. Diedrich Keib (48) glo homself en sy lewensmaat, die 27-jarige me. Monalisa Xoagus, doodgeskiet het, het sy broer en skoonsuster in ’n motorongeluk omgekom.
Mnr. Gottlieb Keib en sy vrou, me. Elizabeth Keis, is Donderdagaand dood in ’n grubotsing tussen Okahandja en Karibib, waartydens vier mense dood is.
Mnr. Johnly Keib, ’n woordvoerder van die familie, het gister aan Republikein gesê hulle is opnuut in rou gedompel.
Volgens Johnly was Gottlieb ’n afgetrede ambulansbestuurder.
Hy en sy vrou het op Otjimbingwe gewoon.
Intussen sal daar Donderdagaand ’n roudiens in die Bet El-gemeente in Katutura vir wyle Diedrich gehou word, sê Johnly.
Hy word Saterdag op sy tuisdorp, Usakos, begrawe.
Oor Gottlieb en sy vrou se begrafnis moet die families nog beraadslaag, sê Johnly.
“Hulle was baie lank getroud.”
Diedrich het glo verlede Maandagaand op Menseregtedag vir Xoagus, sy jare lange minnares, verskeie kere met ’n pistool geskiet waarná hy die vuurwapen op homself gerig het.
Ten tyde van dié tragedie in Doradopark in Windhoek was die paartjie in soortgelyke swart hemde met die embleem van hul gesamentlike onderneming, Diedrich Airport Transfer & Tour CC, op elkeen se linkerbors, geklee.
Die polisie het 11 leë patroondoppies op die toneel gevind – oënskynlik uit Keib se 9 mm-wapen afgevuur.
Xoagus het in ’n koeëlreën op die toneel gesterf.
Johnly het verlede week ontken die paartjie se liefdesverhouding het op die rotse beland.
Hy sê hulle woon al langer as ses jaar in dié huurhuis in Doradopark.
Hoewel die paartjie geen kinders saam gehad het nie, het hulle twee honde gehad.
Keib het vier kinders gehad – twee minderjariges en twee volwassenes, het Johnly gesê.
Hy word ook deur twee kleinkinders oorleef.
Hoofinsp. Kauna Shikwambi, ’n polisiewoordvoerder, het verlede week gesê die amptelike inligting is dat Xoagus onlangs die verhouding beëindig het.
Shikwambi sê Keib kon dít blykbaar nie aanvaar nie.
Geen selfdoodnota is verlede week op die toneel gevind nie.
’n Ander familielid, me. Jaunita Keis, hou egter vol alles was op die oog af pluis met die paartjie.
Sy sê hulle was ewe verbaas toe hulle van die tragedie verneem.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie