Vereniging reik uit na bejaardes
Vereniging reik uit na bejaardes

Vereniging reik uit na bejaardes

Ronelle Rademeyer
Aftrede is 'n aanpassing, en die Nasionale Vereniging vir ­Pensioenarisse van Namibië (Napan) besef dit.

Hulle is tans besig met 'n uitreikprogram in al die landstreke om bejaardes aan te moedig om by gemeenskapsprogramme betrokke te raak.

Die doel is ook om die versorging van afgetrede mense en die uitdagings wat hulle ervaar, te bespreek.

Die vereniging het verlede Maandag as deel van dié program met lede van die Khomas-, Omaheke- en Otjozondjupastreek in Windhoek vergader.

Mnr. Andrew Matjila, Napan se voorsitter, het by die geleentheid gesê aftrede is 'n fase waartydens mens jouself heroriënteer en jou lewens­ingesteldheid verander.

Dit is die begin van 'n nuwe era en verg aanpassing, sê hy.

Volgens Matjila bied aftrede mense die geleentheid om aktief by gemeenskapsprojekte in te skakel en om hul talente, idees en vaardighede terug te ploeg ter wille van groter stabiliteit en eenheid in die land.

Mnr. Matheus Amadhila, voorsitter van die Windhoek-munisipaliteit se bestuurskomitee, het na uitdagings soos armoede verwys en gesê miljoene bejaardes wêreldwyd het die slagoffers van mishandeling, verwaarlosing en uitbuiting geword.

“In Namibië staar bejaardes ook baie uitdagings soos toegang tot gesondheidsorg en dienste soos water, elektrisiteit en sanitasie in die gesig. Baie sien om na wees- en weerlose kinders in hul families - dikwels terwyl hulle nie self genoeg het om te eet nie,” sê hy.

Windhoek en die groter Namibië mag nie die mishandeling van bejaardes toelaat nie en moet bewusmaking skep om dit te voorkom, sê hy.

Volgens Amadhila ondersoek die munisipaliteit die beskikbaarheid van basiese dienste aan bejaardes en weerloses teen gesubsidieerde pryse.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!