Vereniging vir plaaslike tuisonderrig gestig
Die groeiende neiging in Namibië het daartoe gelei dat 'n nasionale vereniging op die been gebring is om riglyne aan ouers te verskaf wat hierdie opsie wil benut.
Yolanda Nel – Die eerste Tuisonderrigvereniging van Namibië (HSAN) is in November verlede jaar gestig om te verseker alle ouers en leersentrums voldoen aan spesifieke vereistes en standaarde.
Volgens een van die stigterslede, me. Monja Gouws, is die doel van HSAN om riglyne te verskaf, aan beide die sentrum en ouers, oor hoe jy te werk moet gaan om te verseker kinders ontvang die beste onderrig.
“Ek is al 25 jaar by tuisonderrig betrokke en destyds was daar vir my geen riglyne oor wat om te doen en wat nie, of hoe om dit te doen nie,” vertel sy.
Tuisonderrig is beslis 'n opsie wat die afgelope twee jaar noemenswaardig gegroei het onder Namibiërs. “Tuisonderrig is onderrig wat 'n ouer tuis aanpak en wat plaasvind in 'n omgewing waar die kind gemaklik voel.”
Volgens Gouws ken die ouers hul eie kinders die beste en behoort hulle daarom beter te weet watter stelsel die beste by hul kind gaan pas, asook watter metode, hetsy aanlyn of met die hulp van handboeke. “Tuisonderrig leer jou kind die basiese wiskunde, tale en wêreldgeskiedenis en so meer, maar dan bied ons bykomende leermateriaal wat op die kind se behoeftes gegrond is.”
Die kind ontwikkel teen sy eie spoed en daar is geen druk van buite op hulle nie.
Dit mag gebeur dat sibbe moontlik nie by dieselfde leerplan aanklank vind nie. “Dis beter indien een sentrum veelvoudige leerplanne toepas, waar boeties en sussies steeds na dieselfde sentrum kan gaan.”
Die wet sit uiteen dat enige stelsel in Namibië gebruik kan word, solank dit aan die minimum vereistes van die regering se leerplan voldoen. “Daar is 'n wye verskeidenheid om van te kies – van plaaslike en Suid-Afrikaanse leerplanne, tot internasionale leerplanne.”
HSAN se ander stigterslede is Monja se man, mnr. Andre Gouws, sowel as me. Marié Kuhlmann en haar man, mnr. Herbert Kuhlmann. Vir meer inligting oor tuisonderrig en om uit te vind watter sentrums in Namibië geregistreer is, besoek die Homeschool Association of Namibia se Facebook-blad, asook die webtuiste hslda.org.
FOTO TER ILLUSTRASIE, UNSPLASH

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie