Verfhale sonder huiwer
Yolanda Nel
Die bekende keramiekkunstenaar Sarie Maritz is hard aan die werk om op 22 November haar nuwe skeppings te vertoon.
Nie net is haar handewerk pragtig nie, maar ook bruikbaar en talle het al gesê dit is ’n vreugde om kos uit hul eie Sarie-bakke te bedien.
Die voltydse pottebakker het haarself uitgedaag om met nuwe kleure, vorms en ontwerpe te eksperimenteer en die uitstalling wat later hierdie maand begin, is ’n samevatting van ’n jaar se harde werk. Vanjaar fokus die tema van Sarie se werk op verfhale, met sterk patrone bestaande uit lyne, merke, kolle en golwe, “sonder enige huiwering”.
Volgens Sarie se dogter, Saar Maritz, het die kleigogga haar ma baie jare gelede gebyt, toe sy ’n jong ma van twee woelwaters was. “Tuisblymamma en kreatief gefrustreerd,” vertel sy.
Sarie het met pottebakkerklasse begin en was onmiddellik verlief toe sy sien hoe haar handewerk in ’n produk verander.
Sarie en dié se suster het kort voor lank hul eie ateljee in Pretoria oopgemaak, waar hulle klasse begin aanbied het. Ná ’n trek na Port Elizabeth, was ’n nuwe ateljee amper onmiddellik daar om te help met die verlange.
Sy het toe aan haar eerste uitstalling begin werk. Dit was ook in hierdie tyd wat sy medestigter was van die Oos-Kaapse tak van die Pottebakkersvereniging van Suid-Afrika (APSA).
Na die trek Namibië toe, was dit geen verrassing dat sy by die Pottebakkersvereniging van Namibië aangesluit het nie. Hier het sy ’n aanhoudende uitruil van idees en geleenthede vir uitstallings gevind.
Geïnspireer deur die natuur, is wat baie in Sarie se werk te vinde is. “Landskappe, bome en klippe speel ’n groot rol in my ma se werk,” sê Saar trots.
Sarie se uitstalling begin op 22 November om 18:30 by 19 Barellastraat in Klein Windhoek. Dit kan tot 8 Desember besigtig word vanaf 09:00 tot 16:00 gedurende die week en 09:00 tot 13:00 op Saterdae. Vir meer inligting, skakel 061 235 809 of 081 300 4021.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie