Verfynde nuwe Cat S52 nie net vir hardebaarde
Petrus Malherbe – Cat is alombekend vir sy geharde slimfone wat jy maar kan skop, gooi, krap en klap sonder dat dit breek.
Die bonkige ontwerp van ’n Cat-foon het dit egter nie iets vir die oog gemaak nie. ’n Cat S61 is dalk indrukwekkend oor wat dit kan vermag, maar dis beslis nie ’n sexy slimfoon soos ’n iPhone of Samsung Galaxy Z Flip nie.
Met die S52 stel Cat ’n nuwe benadering tot sy reeks hardebaard-selfone op die proef deur groter klem op die voorkoms, eerder as die funksionaliteit, te plaas.
Verlede jaar se S61 was bonkig, so stewig soos ’n baksteen en waarskynlik gehard genoeg om ’n motorruit mee stukkend te gooi.
Die S52 is meer verfynd, byna vroulik.
Op die oog af lyk dit nie soos ’n geharde Cat-foon wat gemaak is vir konstruksiewerkers en die wêreld van hamers en spykers nie.
Maar die maatskappy hou vol dis net so duursaam.
Die foon is betreklik dun (9,69 mm) en boonop lig (net 210 gram).
Hoewel dit modern voorkom vir ’n Cat-foon, is die ontwerp tog oudtyds in vergelyking met byvoorbeeld ’n nuwe Samsung of iPhone.
Die skerm strek byvoorbeeld nie tot aan die uithoeke van die raam nie en is effektief net 14,35 cm groot.
Die Cat S52 is dus nie die ideale foon om die jongste seisoen van Narcos op te fuifkyk nie; die skerm is doodeenvoudig te klein daarvoor.
Die toestel is gesertifiseer as sand- en waterdig. Jy kan dit maar vir meer as ’n halfuur aan die diepste kant van die swembad vergeet, dit sal niks oorkom nie.
Beter kamera, swakker battery
Afgesien van ’n meer afgeronde voorkoms, beskik die Cat S52 ook oor die beste kamera nog in enige Cat-foon.
Die kamera is nie naastenby op dieselfde vlak as die iPhone 11 of Samsung Galaxy S20 nie, maar dit is sekerlik nie Cat se bedoeling nie.
Dit is immers ’n foon vir hardebaard-gebruikers, nie amateurfotograwe nie.
Tog neem die Cat S52 se 12MP-hoofkamera heel skaflike foto’s. Die kamera sukkel bietjie in donkerder toestande, maar stel nie teleur terwyl die son skyn nie.
Die battery is ietwat teleurstellend en hou skaars ’n dag, selfs al gebruik jy dit nie te veel nie.
Die battery se kapasiteit is ’n betreklike klein 3 100 mAh, teenoor die S61 s’n van 4 500 mAh.
Die kleiner battery is waarskynlik een van die hoofredes vir waarom die S52 soveel ligter is as die S61.
Die S52 is ook meer bekostigbaar as die S61, maar kom nie met naastenby soveel funksies nie.
Die S52 het byvoorbeeld nie ’n ingeboude termiese kamera of ’n luggehaltesensor nie.
Met 64 gigagrepe beskik dit ook oor minder stoorplek as die S61.
Kortom is die enigste ooreenkoms tussen die modelle dat hulle kan val en op getrap word sonder om te breek.
As jy egter in die mark is vir só tipe foon, maar nie gehou het van die bonkige ontwerp van die vorige Cat-fone nie, is die S52 dalk net die model vir jou.
Die Cat S52 is nou by diensverskaffers beskikbaar op kontrak of kontant. Dit kos sowat R10 000. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie