Vergeet kreef, eet kraken
Minette Brink – Vetnettie is nie groen nie.
Sy herwin halfhartig en stuur nie elke maand geld vir Greenpeace, PETA of Sea Shepherds nie. Vetnettie dra leerplakkies en -belts en sy is gek oor rooivleis.
Maar dit beteken nie sy gee nie om nie. Sy het immers ‘n SPCA-kat aangeneem.
Die ander aand moet National Geographic se ooms met die eentonige stemme weer dien as slaapmiddel. Pille is te gevaarlik. Met een oog toe en die ander een slap soos ‘n ou blouwalvis s’n, wag ek vir die koets na salige bewusteloosheid.
“Man-eating super squid!” brul ‘n stem.
Ek skrik my follikels koud. Op die skerm krioel massiewe, grillerige tentakels met geniepsige skerp tande in elke suier. ‘n Histeriese skubaduiker word aan die voetvin die donker dieptes ingetrek. Van alle kante word hy lelik gestamp en gehap.
Dié outjies is gevaarliker as witdoodshaaie, sê die verteller.
Dramatiese musiek volg. Viole tjirp-tjirp onheilspellend. “The kraken lives . . .” Inderdaad.
Volgens Skandinawiese mitologie is die kraken ‘n reusagtige, koppotige monster.
Sagas vertel van die kraken wat langs die kus van Noorweë onderwater sluip en matrose terroriseer. Oor die jare het skrywers bespiegel die legende het heel moontlik ontstaan ná waarnemings van reuse-inkvisse. Dié grilgoed kan tot 15 m lank word en 750 kg weeg.
Die omvang en afgryslike voorkoms (gaan google foto’s van die vlymskerp bek en suiers, die starende oog . . .) het die kolossale monster eeue terug al as hoofkarakter in verskeie letterkundige fiksie gevestig. Google ook die lieflike illustrasie uit Jules Verne se Twenty Thousand Leagues Under the Sea.
Maar terug by niefiksie: Die kraken leef en hy is op pad. Saam met al sy tjommies. Miljarde van hulle.
Hul regte name is Humboldt-inkvisse en hulle eet mense vir brêkfis, middagete en aandete. Koes, kinders, die calamari is kwât.
Dié spesie se migrasiepatrone het die afgelope jaar drasties verander.
Weens ‘n ander dodelike spesie, Gierige Mens, wat vis- en ander seebronne in massas stroop, word die voedselketting op sy kop gedop. Aardverwarming en besoedeling help net so mooi.
Walvisse en haaie wat inkvisse vreet, word al hoe minder. ‘n Wyfie-calamari kan tot 20 miljoen eiers in haar leeftyd lê. Met minder bedreigings vir haar en haar kroos floreer die gesin. En word al hoe meer mense geëet.
Die duiker Scott Cassell is een van dié wat amper sy alie danksy die kannibale gesien het. Die man is nie wel nie. Met sy eerste swemslag saam met die gedrogte (hoekom wil ‘n mens?) het hulle hom goed opgedinges en selfs sy arm uit potjie geruk. Van toe af trek hy ‘n spesiaal gemaakte duikpak van veselglas en ‘n Kevlar-harnas aan voordat hy die wrede waters in (oukei, dit klink beter).
Humboldts is nie naastenby so groot soos reuse-inkvisse nie. Hulle word sowat 2,5 m lank en weeg gemiddeld 50 kg. Maar die gebrek aan grootte word voor opgemaak met die vieslike lembek. Die krag daarvan is erger as dié van ‘n leeu se kake. Daar gaan ‘n armpie . . . En hulle pak jou soos ‘n duiwelse span. Terwyl een jou afsleep ondertoe, klits en kou die res jou. Naar.
Vetnettie hou die naweek ‘n kolossale Bring-’n-Kraken. Dis al wat sy kan doen. En tjeers op die natuur.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie