Vergeet van goudprys, hou palladium dop
Vergeet van goudprys, hou palladium dop

Vergeet van goudprys, hou palladium dop

Suid-Afrika is die land waar die tweede meeste palladium, een van die metale van die platinumgroep, gemyn word.
Hanlie Stadler - Terwyl baie mense die goudprys dophou, is ’n ander metaal vinnig besig om opgang te maak. Palladium was in 2017 die hulpbron wat die beste gevaar het en ontleders glo die prys daarvan gaan nog minstens tot in 2022 styg. Palladium, wat saam met platinum in katalisators gebruik word om uitlaatgasse skadeloos te stel, het in 2017 55% duurder geword. Dit maak dit die beste hulpbron uit 34 hulpbronne wat aktief op termynmarkte verhandel word, volgens Bloomberg.

Suid-Afrika is die land waar die tweede meeste palladium, een van die platinumgroepmetale, gemyn word. Rusland het die wêreld se grootste reserwes palladium en myn nagenoeg 44% van die metaal.

Palladium word onder meer ook vir juweliersware en in elektronika en tandheelkunde gebruik. Die grootste rede vir die styging in die prys is dat die vraag na palladium aanhou styg, terwyl die wêreldvoorraad daarvan daal. Volgens Bloomberg het opgebergde palladium in 2017 met 25% gedaal, die vierde jaarlikse daling.

Die beleggingsbank Morgan Stanley glo dat die produksie van palladium tot minstens 2022 minder sal wees as die verbruik daarvan. Palladium se prys het Woensdagoggend US$1 091,61 per fynons gehaal.

Wêreld se grootste palladiumprodusente

Norilsk Nickel: Rusland se grootste mynboumaatskappy produseer nagenoeg 41% van die metaal uit die Oeralgebergte en Siberië.

Anglo American Platinum: Die maatskappy ontgin palladium uit die Merensky-rif in die Bosveld-stollingskompleks van Suid-Afrika en in Zimbabwe.Impala Platinum: Ook dié maatskappy ontgin palladium in Suid-Afrika en Zimbabwe.

Lonmin: Dié sukkelende maatskappy, wat onder meer die Marikana-platinummyn bedryf, gaan na verwagting vanjaar deur Sibanye-Stillwater uitgekoop word in ’n transaksie van meer as R5 miljard wat nog deur reguleerders goedgekeur moet word.

Sibanye-Stillwater: Die Stillwater-myn in die VSA is een van slegs twee primêre palladiummyne ter wêreld. Sibanye Gold, Suid-Afrika se grootste goudprodusent, het Stillwater in 2017 gekoop en sy naam verander.

Vale: Dié Brasiliaanse maatskappy myn palladium in Kanada. - Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!