Vergeet van suikertaks, vleis is dalk volgende
Koolstofbelasting gaan dalk in belang van die klimaat op vleisproduksie ingestel word.
Vergeet van suiker- en koolstofbelasting. Jou steak of tjop is moontlik volgende.
Sommige beleggers begin al weddenskappe plaas oor hoe lank dit lande gaan neem om ’n manier te kry om belasting op vleisproduksie te hef.
Die rede is om mense se gesondheid te verbeter en om aan die vereistes vir uitlaatgasse soos wat in die Parys-klimaatooreenkoms uiteengesit is te voldoen.
Sommige beleggers begin druk op maatskappye plaas om eerder plantproteïen te gebruik.
Van hulle stel selfs voor dat ’n “skaduprys” – soortgelyk aan wat vir koolstof gebruik word – vir vleis geskep word om pryse in die toekoms mee te kan voorspel.
Vleis kan dus net soos tabak, koolstof en suiker, ook dalk binnekort belas word. Dié drie word reeds onderskeidelik in 180, 60 en 25 lande belas.
Beleidmakers in Denemarke, Duitsland, China en Swede praat al die afgelope twee jaar oor hoe om vee-verwante belasting te skep.
Daar is egter sterk teenkanting teen dié idee.
Vee is verantwoordelik vir sowat 14,5% van kweekhuisgas wat wêreldwyd vrygestel word.
Die Voedsel-en-Landbou-Organisasie (VLO) voorspel wêreldwye vleisverbruik gaan teen die middel van die eeu met sowat 73% toeneem weens groter aanvraag vanuit Indië en China.
Dit beteken ’n bykomende $1 600 miljard se gesondheids- en omgewingskoste, sê die Britse groep Farm Animal Investment Risk and Return (FAIRR).
“Beleggers begin op dieselfde manier hierna kyk as wat hulle na klimaatrisiko kyk,” sê Rosie Wardle, verantwoordelik vir beleggerbetrokkenheid by FAIRR.
“Daar word soort van aanvaar ons moet na veeproduksie en vleisverbruik kyk as ons onder die teiken van 2°C-aardverwarming wil bly.” – Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie