Vergelegen: Skade aan wingerde nog ondersoek
Vergelegen: Skade aan wingerde nog ondersoek

Vergelegen: Skade aan wingerde nog ondersoek

Estelle de Bruyn
Die meeste skade deur die brand op die historiese wynplaas Vergelegen is aan fynbos aangerig, sê Edo Heyns, redakteur van die wyntydskrif Wineland.co.za.

News24 en Netwerk24 het vroeër berig naastenby 40% van die plaas van 3 000 ha is in die brand verwoes.

Heyns sê die wingerde wat wel beskadig is, is hoofsaaklik die rye reg langs fynbos.

“Hulle is nog besig om die skade te bepaal, maar dit lyk nie asof wingerdblokke as geheel vernietig is nie,” het hy by navraag aan Malherbe Nienaber gesê.

Vrae is vroeër Donderdag aan Don Tooth, uitvoerende hoof van Vergelegen, gestuur om uit te vind hoe erg die skade aan die wingerde is.

Tooth sê die druiwe is nog nie in die rypwordingfase wanneer rookskade 'n probleem raak nie. Hy sê rookskade is dus nog onwaarskynlik, maar sekere toetse sal gedoen word en kundiges sal gekonsulteer word om die omvang van die skade te bepaal.

Die plaas se geskiedenis het in 1700 begin toe Willem Adriaan van der Stel, die seun van die goewerneur van die Kaap, die plaas gekry het.

Anglo American het in 1987 die eiendom gekoop.

“Die brand het nie enige geboue beskadig nie, maar het dele van die plaas be­skadig,” het Pranill Ramchander, hoof van kommunikasie van Anglo American, aan Bloomberg gesê.

– Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!