Verhef tot koninginne
Verhef tot koninginne

Verhef tot koninginne

Octavia Tsibes
Octavia Tsibes

Onder die tema "Verhef tot koninginne" het die damestudente van die Neudamm-kampus van die Universiteit van Namibië (Unam) onlangs 'n konferensie gehou.

Die geleentheid het 'n platform vir vroue geskep om sosiaal te verkeer en mekaar te inspireer.

“Die rede waarom vroue dikwels nie met mekaar oor die weg kom nie, is omdat hulle nog nie op 'n dieper vlak behoorlik gekommunikeer het nie en dus nie mekaar se foute kan aanvaar nie.

“Ons wil die kwessie van ons samelewing verwyder sodat ons beter kan saamwerk en meer bereik as wat ons op ons eie kan doen. Dit is die enigste manier waarop jy op jou lewensreis kan aanbeweeg,” het me. Shalom Phiri, 'n student, gesê.

"Dit was 'n wonderlike seminaar. Ek is 'n mens wat selfvertroue het, en het daardie hupstoot kon kry om vir myself lief te bly hê," het me. Kelly Moyo, ook 'n student, gesê. Sy meen dit is 'n goeie inisiatief en behoort daarom nie vir net een dag gehou te word nie, maar minstens drie.

"As deel van die organisering van die eerste vrouebemagtigingsentrum is ek baie beïndruk met die eenheid tussen die dames. Soms dink jy dat meisies nie openhartig sal wees nie, maar dit was baie indrukwekkend, " het me. Emily Nambinga, een van die organiseerders, gesê.

Me. Lahya Iiyambo, 'n vierdejaar mediese student aan Unam, het 'n motiveringspraatjie gegee. Sy is ook deel van die mentorskapprogram onder leiding van die presidentsvrou van Namibië, me. Monica Geingos.

Onderwerpe wat bespreek is, was onder meer geld, liefde, eiewaarde, opvoeding, sosiale media, persoonlike higiëne, grimeringtutoriale, haarversorging, fiksheid en gesondheid. Hulle het ook 'n vraag- en antwoordsessie gehou wat baie insiggewend was.

"Sulke seminare moet oral aangebied word, nie net op een kampus nie. Soms voel jy dat jy alles met betrekking tot jou fisieke voorkoms weet, maar ná hierdie seninaar weet ek nog meer," het me. Marvelous Tjirundu, ook 'n student, gesê en bygevoeg dat 'n mens by sulke vrouebemagtigingseminare besef dat jy nie die enigste een is wat uitdagings in die gesig staar nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!