Verhoor van E-Guinee-leier se seun
'n Franse hof het Woensdag ingestem om die verhoor van die “playboy” seun van Ekwatoriaal-Guinee se leier te verdaag ten einde sy regspan nog ses maande te gun om sy verdediging op korrupsieklagte van meer as 100 miljoen euro's voor te berei.
Ekwatoriaal-Guinee se visepresident, Teodoro Nguema Obiang Mangue, is geskors vir die plundering van die olie- en houtryk land se bates om 'n luukse woning in een van Parys se mees eksklusiewe rylane asook 'n versameling supermotors aan te skaf.
Hy is die oudste seun van pres. Teodoro Nguema Obiang Mangue.
Met die aanvang van die verhoor Maandag het regsverteenwoordigers van die 47-jarige visepresident aangevoer dat hulle te min tyd gegun is om getuies te roep en hul verdediging voor te berei.
Regters het saamgestem en die verhoor tot 19 Junie uitgestel.
Dit is die eerste saak wat spruit uit ondersoeke na drie Afrika-leiers wat 'n lewe van luuksheid in die buiteland lei, terwyl hul burgers in armoede krepeer.
Obiang ontken die klagtes.
Aanklaers en die teenkorrupsiegroep Transparency International, een van die klaers in die saak, sê die verdediging se versoek om uitstel is “vertragingstaktiek”.
Beslag is in verskeie lande op bates van Obiang gelê. Sy huis in Parys se eksklusiewe Avenue Foch, met 'n rolprentteater, spa, haarsalon en krane, wat met goud oorgetrek is, se waarde word op 107 miljoen euro's (US$112 miljoen) geskat.
Toe Franse ondersoekbeamptes in 2011 hul eerste klopjagte in Parys uitgevoer het, het hulle beslag op Bugatti's, Ferrari's, 'n Rolls Royce en verskeie ander motors gelê.
Hierdie saak skep 'n presedent vir Frankryk wat lank Afrika-diktators geïgnoreer het wat hul bates, wat op twyfelagtige maniere bekom is, in eiendomme in Parys en luukse produkte ingestort het.
Ekwatoriaal-Guinee, Afrika se enigste Spaanssprekende nasie, is die vasteland se derde grootste olieprodusent maar meer as die helfte van die bevolking leef onder die broodlyn.
Die land word gereeld deur menseregtegroepe vir onderdrukkende wetgewing, ongeregverdigde teregstellings en marteling deur die veiligheidsmagte beskuldig.
Amerikaanse amptenare sê die president se seun het “skaamteloos” sy land in 2014 besteel. Amerikaanse owerhede het beslag op sy villa in Malibu, Kalifornië en sy versameling Michael Jackson-memorabilia gelê.
In November het Switserse owerhede 'n ondersoek na geldwassery teen Obiang gelas en beslag gelê op elf luukse motors, insluitende 'n Bugatti Veyron, wat meer as twee miljoen euro's werd is.
-Nampa/AFP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie