Verhouding eindig in tragedie
Verhouding eindig in tragedie

Verhouding eindig in tragedie

’n Moontlike verband bestaan tussen ’n kusmoord en selfdoodvoorval wat die naweek plaasgevind het.
Leandrea Louw
Erongo-redaksie – Die polisie ondersoek ’n moordsaak wat in Hentiesbaai aangemeld is, asook ’n selfdoodvoorval in Walvisbaai wat moontlik met dié saak verband hou.

Die polisie se bevelvoerder van gemeenskapsake in die Erongo­streek, insp. Ileni Shapumba, het beide voorvalle bevestig.

Volgens Shapumba is die moord tussen Saterdag en Sondag by ’n huis in Oshikotostraat in die informele nedersetting Omdel gepleeg.

“Vandag is by die polisie in Hentiesbaai aangemeld dat me. Paulina Namalambo (52) Saterdag en Sondag nie by haar werk opgedaag het nie. Die slagoffer is die laaste keer Saterdag om 07:00 by die huis gesien saam met haar kêrel, die oorledene in die selfdoodondersoek,” het hy Sondag gesê.

Die polisie het na die huis gegaan en die lewelose liggaam van die slagoffer – toegegooi met ’n kombers – op die bed aangetref.

Sy het 'n skietwond aan haar kop gehad. “Die vermoede is die slagoffer het gister sy meisie doodgeskiet, terug na Walvisbaai gestap en toe selfdood gepleeg.”

Shapumba het gesê die man was glo ontsteld omdat Namalambo op die punt was om hul verhouding te beëindig.

Die polisie ondersoek dus ook ‘n skietvoorval – ´n oënskynlike selfdood – wat in Walvisbaai aangemeld is.

“Die liggaam van ‘n man met 'n skietwond in die kop is by Onafhanklikheidstrand in Walvisbaai gevind. Die oorledene is as mnr. Shaanika Aristofel (40) geïdentifiseer. Die slagoffer het sy vuurwapenlisensie in sy beursie gehad, maar die vuurwapen kon nie gevind word nie.”

Shapumba het gesê die vermoede bestaan die slagoffer, wat alleen in Kuisebmond gebly het, het in die see ingeloop en selfdood gepleeg deur homself in die kop te skiet. “Hy is Saterdag omstreeks 16:00 laas gesien.

“In hierdie stadium word geen vuilspel vermoed nie. Die slagoffer het by die Swakop Uranium-myn gewerk, terwyl die vroulike slagoffer by Jongmei Road Construction in Hentiesbaai gewerk het. Beide oorledenes se naasbestaandes is in kennis gestel.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!