Verkeer tussen Namibië, Kaap weens Covid-19 ontwrig
Ronelle Rademeyer - Vragverkeer tussen Namibië en die Wes-Kaap kan sedert Donderdagaand nie langs die kortste roete oor die Oranjerivier plaasvind nie, aangesien Suid-Afrika sy grenspos by Vioolsdrift weens Covid-19 gesluit het. Verkeer moet nou via Upington vloei.
Mnr. Darwin Alridge Waldick, operasionele bestuurder by dié grenspos, het mense in die vervoerbedryf Donderdagaand versoek om vragverkeer via die grensposte by Ariamsvlei en Nakop, en dus oor Upington, te kanaliseer.
Volgens inligting is 'n Covid-19-geval by die grenspos aangemeld en 'n gesondheidspan uit Upington word vandag (Vrydag) daar verwag om met die ontsmetting van die geboue en terrein te help.
Dit is nie seker hoe lank die grenspos gesluit sal wees nie. Op die WhatsApp-groep, Transport Comms Lockdown, is bespiegel dit kan tot 72 uur duur.
Foto: Argief

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie