Verkeerde pasiu00ebnt kry breinoperasie in Kenia
Verkeerde pasiu00ebnt kry breinoperasie in Kenia

Verkeerde pasiënt kry breinoperasie in Kenia

NAMPA
’n Neurochirurg, ’n narkotiseur en twee susters is geskors ná hulle die skedel van die verkeerde pasiënt in ’n hospitaal in Nairobi, Kenia, oopgesny het.

Die BBC berig die een pasiënt moes ’n operasie vir ’n bloedklont in sy brein ondergaan en die ander pasiënt moes behandeling ontvang vir swelling op die brein sonder dat ’n operasie nodig was.

Die Keniaanse nuusdiens U Report berig daar was ’n deurmekaarspul met die twee pasiënte se identifikasiebandjies, wat daartoe gelei het dat die verkeerde man na die teater in die Kenyatta National-hospitaal geneem is.

Intussen het die Daily Nation berig die dokters het eers ure nadat hulle begin opereer het, besef daar is geen bloedklont nie.

Die hoof van die hospitaal, Lily Koros, sê die pasiënt het die operasie oorleef en herstel goed.

Sy en haar adjunk, dr. Bernard Githae, is sedertien óók huis toe gestuur.

Die aankondiging is deur die minister van gesondheid, Sicily Kariuki gemaak, het die Nairobi News Saterdag berig.

Kariuki het ook ses weke gelede ’n ondersoek gelas na beweringe dat ma’s seksueel aangerand is wat in hierdie hospitaal geboorte geskenk het.

Die hospitaal was ook in die nuus toe ‘n twee weke oue baba onlangs daar gesteel is. – Eie berig en Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!