Verken die wildernis by Desert Rhino Camp
Wilderness Safaris se Desert Rhino Camp is in die rotsagtige heuwels van die Palmwag-konsessie geleë, wat 450 000 ha groot is.
Hierdie streek word deur sy rustige, minimalistiese skoonheid, verstommende rykdom van woestynaangepaste wild en die grootste vrylopende swartrenosterbevolking in Afrika gekenmerk.
Tydens 'n onlangse volhoubaarheidsevaluering deur Eco Awards Namibia het Desert Rhino Camp baie goed gevaar, en volpunte in sewe uit 10 afdelings verwerf.
Dié afdelings sluit onder meer in bewaring, water, energie, bestuur en gidse.
Hierdie uitstekende uitslae laat Desert Rhino Camp kwalifiseer om een van die inskrywings van die Verantwoordelike Toerisme-toekennings (RTA) vir 2019 te wees, wat deur Namibia Media Holdings (NMH) aangebied word.
RTA 2019-finaliste sal in Maart aangekondig word en die wenners sal in Junie by die amptelike opening van vanjaar se Namibië Toerisme Ekspo (NTE) aangewys word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie