Verkiesing 2019: Kry jy waarde vir jou stem?

Persepsies oor die regering se werkverrigting
Dani Booysen
Christie Keulder - In ‘n demokrasie implementeer ‘n regering beleid tot voordeel van inwoners.

Dit is natuurlik vir burgers om die regering se prestasie te evalueer. Die evaluering is gegrond op persepsies en persepsies in belangrike politieke konstruksies. Persepsies bepaal kiesers se werklikhede en moontlik ook keuses by die stembus.

Kiesers wil soos almal meer waarde vir hul geld hê. Dit is normaal vir politieke partye om tydens veldtogte opponente se tekortkominge uit te wys. Kiesers gebruik sulke inligting om te bepaal of hul waarde vir hul stemme ontvang.

Die kieser vra hom-/haarself: moet ek lojaal bly, van party of kandidaat verander of dalk my stem weerhou?

Grafiek 1 wys drie beleidsrigtings waarin die regering volgens persepsies swak vaar: werkskepping, die uitwissing van ongelykhede en die stryd teen korrupsie. Ontevredenheid het sedert 2003 aansienlik toegeneem.

Grafiek 2 wys die regering vaar volgens persepsies goed in die lewering van basiese gesondheidsdienste, onderwys, watervoorsiening en sanitasie.

Groeiende politieke ontevredenheid onder inwoners oor die kwaliteit van staatsbestuur skep ruimte wat opposisiepartye kan benut. Die vraag is of sulke partye kiesers kan oortuig dat hulle beter sal vaar. Gegewe ‘n gebrek aan regeringsondervinding, sal kiesers die partye glo?

Data is ontleen aan die Afrobarometer, ‘n Pan-Afrikaanse reeks opnames oor nasionale houdings oor demokrasie, bestuur en die gemeenskap. Vir meer besonderhede, besoek afrobarometer.org.

Kommentaar

Republikein 2025-04-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer