Verkiesing in Gaboen
Gaboen se opposisiekandidaat, Jean Ping, groet ondersteuners buite sy hoofkantoor in Libreville, nadat hy aangekondig het dat hy die wenner van die presidentsverkiesing in Gaboen was. Die dienende president, Ali Bongo, het egter gesê hy wag vir die amptelike uitslae. Amptenare sê die finale uitslae sal eers vandag bekend wees. Sommige kiesers vrees ‘n herhaling van die geweldpleging wat ná die betwiste 2009-verkiesing uitgebreek het. Foto Nampa/Reuters
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie