Verkiesing in Suid-Afrika skop af
Die leier van die Demokratiese Alliansie (DA) was vanoggend een van die eerste politieke leiers in Suid-Afrika wat gaan stem het. Mnr. Mmusi Maimane het sy stem by die Presbiteriaanse kerk in Dobsonville uitgebring. Die leier van The Good Party, me. Patricia de Lille het ook reeds vroeg gaan stem sodat sy volgens haar die res van die dag ander kan help om by hul kiesstasies te kom. Die gewilde soekenjin Google het ook vandag 'n doodle met 'n Suid-Afrikaanse vlag daarop. 'n Google doodle is 'n spesiale, tydelike verandering van die logo op Google se tuisblad wat spesiale geleenthede, prestasies en groepe mense te vier. Sommige Google doodles is beperk tot Google se landspesifieke tuisbladsye, terwyl ander wêreldwyd verskyn. – Netwerk24
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie