Verkiesing: RSA beleggers skep moed
Die verkiesing vir plaaslike owerhede in Suid-Afrika is goed bestuur en het groter politieke mededinging teweeggebring, wat ’n positiewe boodskap oordra aan beleggers en kredietgraderingsagentskappe op ’n tydstip dat dit broodnodig is, sê prof. Raymond Parsons van die Noordwes-Universiteit (NWU) se sakeskool. Dit bied hoop vir die brose ekonomie, maar onsekerheid en ’n uitgerekte politieke dooiepunt (gridlock) moet vermy word, sê Parsons.
Volgens Maarten Ackerman, ’n beleggingstrateeg van Citadel Batebestuur, het die verskuiwing van die magsbalans in metro’s en ander munisipaliteite ook die geleentheid geskep vir ’n meer sakevriendelike omgewing op plaaslike vlak.
“Dit is veral die geval vir klein- en middelslagondernemings waar burokrasie in die munisipale stelsel hierdie ondernemings se groei dikwels beperk,” sê hy.
Ackerman sê hoewel die Suid-Afrikaanse ekonomie nog swak is, is daar bemoedigende tekens dat die ergste verby is. Tesame met ’n verkiesingsuitslag wat sakevriendelik is, vervaag die vooruitsig van ’n afgradering in Desember, sê hy.
Om ’n afgradering in Desember te vermy is ekonomiese hervormings egter nodig, sê Parsons.
Oorsese beleggers wed daarop dat die regerende party se swak vertoning druk op die ANC sal plaas om ekonomiese hervormings in te stel wat werk sal skep en groei sal aanwakker.
Kredietgradeerders, wat in Desember besluit of Suid-Afrika tot rommelstatus afgegradeer word, is egter verdeeld oor wat die ANC se reaksie sal wees.
“Groter politieke mededinging het die potensiaal om die momentum vir hervorming ’n hupstoot te gee in die aanloop tot 2019 se algemene verkiesing, maar druk op staatsbesteding sal na verwagting óók toeneem,” sê Kirsten Knight, kommunikasiehoof van Moody’s Investors Service vir Europa, die Midde-Ooste en Afrika in ’n verklaring.
“Op medium tot lang termyn dui dit moontlik op ’n verskuiwing van herverdelingsbeleid na ’n meer groeigeoriënteerde ekonomiese bestuur en goeie dienslewering.”
Fitch Ratings het egter Vrydag in ’n verklaring gewaarsku: “Die merkbare daling in steun vir die ANC kan die risiko van meer populistiese beleidsverandering vergroot.”
Fitch meen nietemin dat breë beleid grootliks onveranderd sal bly.
“Munisipaliteite speel geen rol in makro-ekonomiese beleid nie, maar ’n terugslag vir die ANC kan ’n impak daarop hê na gelang van die politieke reperkussies en die afleidings wat ANC-leiers maak,” sê Jan Friederich, senior direkteur.
Kredietgraderingsagentskappe sal ná die verkiesing steeds wag en kyk, sê Rian le Roux, hoofekonoom van die Old Mutual Investment Group.
“Die onmiddellike uitkoms van die verkiesingsuitslag sal waarskynlik nie ’n bepalende faktor wees om ’n afgradering te vermy nie.”
Die ANC se reaksie op die uitslag en sy beleid daarna kan die volgende gradering beïnvloed, sê Le Roux.
“Die graderingsagentskappe meen dit is noodsaaklik om die Nasionale Ontwikkelingsplan in werking te stel, fiskale dissipline te handhaaf en groei te bevorder. Ná die verkiesing sal die markte die situasie fyn dophou.”
Die rand het Vrydag in ’n stadium gestyg tot R13,64, sy hoogste vlak in nege maande teenoor die dollar. Hy het trouens in die week die beste van 24 ontluikende lande se geldeenhede gevaar.
“’n Ander bestuur in sommige van die munisipaliteite en baie meer beheer in ander waar die ANC gedwing sal word om ’n koalisie te vorm, sal waarskynlik die markte se goedkeuring wegdra en ons meen dat die rand in die res van 2016 verder kan versterk,” sê Ackerman.
Nóg aanduidings dat die wêreld se beleggers positiewer oor die land voel, is die daling in die opbrengskoers op Suid-Afrikaanse staatseffekte wat nou tot sy laagste vlak sedert November gedaal het, en die koste om staatskuld teen wanbetaling te verseker, wat ook tot ’n negemaande-laagtepunt gedaal het.
“Sedert pres. Jacob Zuma aan die bewind gekom het, het die ekonomiese hervormingsproses byna tot stilstand gekom,” het Lars Peter Nielsen van die Deense batebestuurder Global Evolution aan Bloomberg gesê. Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie