VERKIESINGS 2019: Behuising, verstedeliking en stedelike ontwikkeling
ALL PEOPLE’S PARTY (APP)
• Doen weg met alle plakkersgebiede
• Bou woonstelle en ander bekostigbare behuising
• Jaarliks N$2 miljard vir behuising met minimumteikens vir aantal erwe gediens en huise gebou
• Skep ‘n nasionale bouvereniging vir amptenare en laeinkomstegroepe
• Hervorm en stroomlyn die NHE
• Gebruik bekostigbare, plaaslike boumateriaal
• Streng beheer oor huurpryse
• Ondersteun verfraaiïng en skoonmaak van alle dorpe
• Skryf alle munisipale skuld af vir ‘n “nuwe begin”
• Ontwikkel en moderniseer landelike gebiede
CONGRESS OF DEMOCRATS (CoD)
• Herverdeel stedelike grond sodat almal ‘n erf het
• Eenmalige toelaag aan almal om ‘n erf aan te skaf
LANDLESS PEOPLE’S MOVEMENT (LPM)
• Menswaardige behuising vir almal
• Belê N$200 miljoen in behuising op Aussenkehr en vind ‘n PPP-vennoot om die nedersetting te ontwikkel
• Versnel opgradering van informele nedersettings
• Titelaktes aan alle sogenaamde “onwettige plakkers” binne 100 dae
• Meer buigsame bewonings- en besitregte in stedelike gebiede
• Verbod op buitensporige huispryse en spekulering
• Staatsubsidies aan eerstekeerkopers
• Hoër belastings op, en onteiening van onbenutte erwe
• Grondskema vir voedselverbouing in stedelike gebiede
• Beleggings in informele markte om goedere en dienste nader aan mense te bring
• Verpligte skoonmaakveldtogte
NATIONAL DEMOCRATIC PARTY (NDP)
• Titelaktes (nie-verkoopbaar) aan huiseienaars met staatsubsidies
• Huur- en huiskoopsubsidies
• Huislenings beperk tot 10 jaar
• Verbod op afneem van huis as 50% van lening betaal is
NATIONAL UNITY DEMOCRATIC ORGANISATION (NUDO)
• Die reg op behuising is ‘n basiese mensereg wat nou met menswaardigheid skakel
• ‘n Waardige woning en gedienste erf vir elke Namibiër – geen sinkhuise
• Koopbewyse om boumateriaal aan te skaf
• Hervestiging in stedelike gebiede
• Dieselfde geriewe vir landelike en stedelike gebiede
POPULAR DEMOCRATIC MOVEMENT (PDM)
• Die behuisingskrisis belemmer opheffing en gesondheid
• Massa- maatskaplike behuisingsprojekte vir huurders en jong werkendes
• ‘n Huis vir elke gesin teen 2026
• “Een Namibiër, een erf”: ‘n Erf vir elke inwoner van informele nedersettings wat ouer as 21 is en minder as N$4 500 per maand verdien
• Innoverenende behuisingskemas met krediet- en renteverligting deur die privaat sektor
• Huisleningswaarborgfonds en subsidies vir eerstekeerkopers uit die lae- en middelinkomstegroepe
• Stedelike hervestigingskema om grondhonger te stil
• Vervaardigingsprojekte vir die jeug in alle kiesafdelings om verstedeliking te tem
RALLY FOR DEMOCRACY AND PROGRESS (RDP)
• Vervang alle sinkhuise met wonings wat aan VN-standaarde en nuwe, nasionale vereistes voldoen
• Die behuisingskrisis bevorder verontmensliking, misdaad, maatskaplike verval, swak higiëne en besoedeling
• Onbekostigbare pryse en BEE-transaksies dra by tot probleme
• Gratis erwe vir jong, opkomende gesinne
• Drastiese prysverlagings
• Subsidieer boumateriaal in stedelike en landelike gebiede
• Verbod op veilings
• Skep ‘n bevoegde behuisingsagentskap
• Betaal subsidies direk aan plaaslike owerhede in plaas van staatsondernemings soos NHE, NamWater en NamPower
SWANU
• Nuwe voedsel- en waterbronne in stedelike en landelike gebiede
SWAPO
• Spreek vraag na grond en behuising dringender en beslissend aan
• Verbeter behuisingsvoorsien, veral aan behoeftiges en randgroepe
• Meer as 12 000 huise opgerig die afgelope vyf jaar – belê meer as N$250 miljoen oor die volgende vyf jaar om 6 000 huise te bou
• Planmatige verbetering van informele nedersettings aan die hand van minimumstandaarde in samewerking met die Shack Dwellers Federation en privaat sektor
• Verbeterde koördinering op nasionale, streeks- en plaaslike vlakke
• Voorsiening van bekostigbare erwe en huise deur privaat sektor
• Meer bekostigbare finansieringsopsies deur banke
• Beter behuising vir polisiebeamptes, onderwysers en verpleegsters
• SME-ontwikkeling in stedelike en landelike gebiede
• Beter ICT in landelike gebiede

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie